Buig-my-nie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Buig-my-nie
Afrikaanse buksboom
Buxus macowanii, loof, a, Jan Celliers Park.jpg
Lenteloof van 'n Buig-my-nie in Jan Celliers Park, Pretoria.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Division:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. macowanii
Binomiale naam
Buxus macowanii
Oliv.

Die Buig-my-nie of Afrikaanse buksboom (Buxus macowanii) is 'n regopgroeiende boom met een of meer stamme en hangende takke. Die plant is inheems aan Suid-Afrika. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys. Dit kom in Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Noord-Wes voor.[1]

Dit is bladhoudend, groei baie stadig en word 4 tot 10 meter hoog. Dit is gehard, rypbestand en ook droogtebestand. Die boom dra klein groenerige blommetjies van winter tot lentetyd. Die ryp vrugte is bruinerig en die blare heldergroen. Dit kan in potte geplant word, tot 'n bonsai gesnoei word, en kan ook in allerhande vorme, soos heinings of lolliepop-boompies, gesnoei word.[2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. SABNI-rooilys.
  2. Inligting op plantzone.co.za, besoek op 9 September 2012
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Buxus sect. Notobuxus