Canon EOS 10D

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Canon EOS 10D is 'n gestaakte 6.3-megapieksel semi-professionele digitale Enkellensreflekskamera, aangekondig op 27 Februarie 2003.[1] Dit vervang die EOS D60, wat ook 'n 6.3-megapieksel digitale SLR kamera is. Dit is opgevolg deur die EOS 20D in Augustus 2004.[2]

Ten spyte van die feit dat dit 'n APS-C sensor het, is die 10D bekend gestel voor EF-S lense beskikbaar geword het, en is nie versoenbaar met hulle nie.[3] Die 10D was slegs in staat om EF lense te pas. Al die opeenvolgende Canon Digitale SLR kameras met 'n APS-C sensor kan EF-S lense pas.

Die 10D het RAW-beelde in die Canon CRW-lêerformaat gestoor, wat nie meer deur Canon gebruik word nie, hoewel moderne weergawes van Canon se Digital Photo Professional dit sal lees.

Verwysings[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.