Canon EOS 300D

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Canon EOS 300D, vervaardig deur Canon, was bemark in Noord-Amerika as die EOS Digital Rebel, in Japan as die EOS Kiss Digital, en was ook verkoop as die DS6041. Dit is 'n 6.3-megapieksel intreevlak digitale enkellensreflekskamera. Dit was aanvanklik aangekondig op 20 Augustus 2003 teen 'n prys van $899 sonder die lens, of $999 met die "kit" lens. Dit is deel van die Canon EOS-reeks van kameras. Dit was 'n belangrike mylpaal vir digitale kameras, omrede dit die eerste digitale SLR kamera was wat vir onder VS$ 1000 verkoop het.

Funksies[wysig | wysig bron]

Dit word dikwels vergelyk met die prosumer Canon EOS 10D, wat oor feitlik dieselfde CMOS-beeldsensor en beeldverwerkingskyfie beskik. Verskeie 10D eienskappe kan ontsluit word en gebruik word in die 300D deur gebruik te maak van nie-amptelike firmware.[1]

Die 300D se polikarbonaat (plastiek)kas was oorspronklik net in silwer beskikbaar in Noord-Amerika, terwyl die Japannese weergawe is ook beskikbaar was in swart. Latere swart weergawes van die 300D is ook vrygestel in die VSA en Europa.

Die 300D was die eerste kamera om die Canon EF-S lensmontering te gebruik. Dit neem ook die EF-monteringlense. Canon het die EF-S 18-55mm as die kit lens saam met die 300D bekend gestel. Dit is beskikbaar in 'n USM (ultrasoniese motordryf) weergawe in Japan en as 'n nie-USM weergawe elders. Baie laat produksie swart 300D kameras was beskikbaar met die USM weergawe in Europa.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Modified firmware for Canon EOS 300D/Digital Rebel”. URL besoek op 26 Januarie 2016.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.