Canon EOS 80D

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Canon EOS 80D
Canon 80D-2.jpg
Tipe enkellensreflekskamera
Sensorsoort CMOS
Sensorgrootte 22.3 × 14.9 mm (APS-C formaat)
Stoormedium SD/SDHC/SDXC
(UHS-I bus ondersteun)
Beeldverwerker DIGIC 6
Resolusie 6000 × 4000 pieksels (24.2 effektiewe megapieksels)[1]
Lens Omruilbare (EF en EF-S)
Flits E-TTL II outo-opwip ingebou / ekstern
Sluiter Elektroniese fokusvlak
Sluiterspektrum 1/8000 s – 30 s en gloeilamp; X-sync teen 1/250 s.
Meting TTL vollensopening, 63 sone sensor met 7560 pieksels RGB + IR sensor
Beligtingsmodusse Volouto, Portret, Landskap, Naby, Sport, Nagportret, Geen flits, Kreatiewe outo, Program AE, Sluiterprioriteit, Lensopeningprioriteit, Hand, Selfverstelling, Gloeilamp-geaktiveer, Rolprent (movie)
Metermodusse Evaluerende 35-sone, gedeeltelik, senter-geweegde gemiddeld
Fokusareas 45 oorkruis-AF-fokuspunte
Fokusmodusse Enkelskoot, AI-fokus, AI Servo, Lewendige sig (FlexiZone - Multi, FlexiZone - Single, Face detection, Movie Servo)
Deurlopende skiet tot met 7.0 rame/s
Beeldsoeker Ooghoogte pentaprisma met 100% dekking en 0.95x vergroting / LCD (lewendige voorskou)
Spoedspektrum 100 – 16000 in 1/3 stop inkremente (rekbaar tot H: 25600)
Flitsgroepering N/A
Fokusgroepering N/A
Witbalans Outo, Daglig, Skadu, Bewolk, Tungsten, Wit Fluoressent, Flits, °Kelvin (2500 – 10000°K in 100°K stappe)
Witbalans-
groepering
Ja
LCD-skerm 3.0" (7.7 cm) Clear View II TFT-kleur veelhoek LCD raakskerm met 1.040.000 kolletjies
Battery Litiumioon LP-E6N herlaaibaar (1800 mAh)
Opsionele batterypakke BG-E14 batterygreep laat die gebruik van 6 AA selle, een LP-E6 battery of twee LP-E6 batterye toe
Massa 650 g (bak alleen)
Prys VS$1.199 (bak alleen)[2]

Canon EOS.svg

Die Canon EOS 80D is 'n digitale enkellensreflekskamera deur Canon bekendgestel op 18 Februarie 2016.[3][4] Dit het 'n kleinhandelprys van VS$1199, dieselfde as die Canon EOS 70D wat dit vervang. Die kamera kan as 'n bak alleen aangekoop word, of in 'n stel met die 18-55mm IS STM lens teen VS$1,349, met die nuwe 18-135mm IS USM lens teen VS$1,799 of met die EF-S 18-200mm IS lens teen VS$1,899.

Die kamera is gemik op die middel van die mark en entoesiasfotograwe.[4]

  • Nuwe 24.2-megapieksel dubbelpieksel CMOS sensor
  • 45 kruistipe AF punte, in vergelyking met 19 vir die 70D
    • Van hierdie punte, sal 27 outofokus wanneer die kamera verbonde is aan enige lens/telekombinasie met 'n maksimum diafragma van f/8. Die 80D is die eerste nie-professionele EOS-kamera wat kan outofokus in hierdie situasie; vorige nie-professionele kameras kon nie outofokus as die maksimum diafragma van 'n aangehegte lens/telekombinasie kleiner as f/5.6 was nie.
  • DIGIC 6 (DIGIC 5+ op die 70D)
  • Nuwe 7560-pieksel RGB+IR metingsensor om die AF-stelsel behulpsaam te wees
  • Nuwe sluitermeganisme om minder vibrasie en kameraskud te veroorsaak
  • "Anti-flikker" (bekendgestel op die EOS 7D Mk II) – sluiterslot kan ingestel word om te vergoed vir flikkerende elektriese beligting
  • 100% toneelsoekdekking
  • Ingeboude NFC
  • 1080p teen 60/50 rame/s video-opneemvermoë
  • Ingeboude HDR en tydsverloop-opneemvermoë (nuwe sagteware)
  • Beter lae-lig AF sensitiwiteit met 'n sensitiwiteit wat wissel van -3 EV tot 18 EV
  • Verbeterde batterylewe, van 920 skote per batterylading tot 960 skote per batterylading
  • Eksterne 3.5 mm stereo mikrofoonsok.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Carnathan, Bryan. “Canon EOS 80D Review”. The-Digital-Picture.com. URL besoek op 26 Julie 2016.
  2. Canon 80D EOS DSLR Camera (80D Camera Body) 1263C004 B&H Photo”. bhphotovideo.com. URL besoek op 21 April 2016.
  3. Canon's EOS 80D DSLR is designed for the semi-pro crowd”. URL besoek op 18 Februarie 2016.
  4. 4,0 4,1 Newly enthused: hands on with the Canon EOS 80D”. URL besoek op 18 Februarie 2016.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.