Clarence van Riet Lowe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Clarence ("Peter") van Riet Lowe (4 November 1894, Aliwal-Noord - 7 Junie 1956, Knysna) was 'n Suid-Afrikaanse ingenieur, argeoloog en paleontoloog.

Saam met John Goodwin publiseer hy die Stone Age Cultures of South Africa in 1929 wat as 'n basiese dokument in die geskiedenis van die argeologie van Afrika beskou word. Die Steentydperk word hierin opgedeel in 'n vroeë, middel en laat tydperk en hierdie indeling is ook vandag steeds van belang.[1] Hulle het 'n indeling geskep wat onafhanklik is van die Europese een.[2]

Goodwin was die eerste Suid-Afrikaner wat argeologie studeer het (in Cambridge) en na Suid-Afrika teruggekeer het om hierdie wetenskap te bedryf. As ingenieur het Clarence ("Peter") van Riet Lowe hom baie inligting uit die binneland verskaf wat hy versamel het toe hy daar brûe gebou het.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Encyclopedia of Anthropology: FIVE-VOLUME SET H. James Birx, SAGE Publications, 2005, ISBN 1-4522-6536-4, ISBN 978-1-4522-6536-0
  2. Human origin sites and the World Heritage Convention in Africa – N° 33, UNESCO, 2012, ISBN 9230010812, ISBN 9789230010812
  3. Human Beginnings in South Africa: Uncovering the Secrets of the Stone Age H. J. Deacon, Janette DeaconNew Africa Books, 1999, ISBN 0-86486-417-5, ISBN 978-0-86486-417-8