De Wildt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
De Wildt
Ligging van De Wildt op 'n kaart (Noordwes)
De Wildt
De Wildt
Koördinate: 25°37′8.4″S 27°57′3.6″O / 25.619000°S 27.951000°O / -25.619000; 27.951000Koördinate: 25°37′8.4″S 27°57′3.6″O / 25.619000°S 27.951000°O / -25.619000; 27.951000
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distriksmunisipaliteit Bojanala Platinum
Plaaslike Munisipaliteit Madibeng
Tydsone SAST (UTC+2)

De Wildt is 'n dorpie in die Noordwes, Suid-Afrika. Dit is 18 km oos van Brits. Die dorpie is vernoem na E de Wildt, ingenieur van die Nederlandse spoorwegmaatskappy NZASM, wat in 1905 die spoorlyn van Pretoria na Rustenburg opgemeet het.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Op 7 Desember 1912 het generaal J.B.M. Hertzog sy toespraak hier gelewer wat regstreeks aanleiding gegee het tot die stigting van die Nasionale Party. Destyds het hy verskil van sy kollegas genls. Smuts en Botha oor die toekomstige verhouding tussen Engels- en Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners.

Trivia[wysig | wysig bron]

Naby De Wildt is ook 'n navorsingstasie oor jagluiperds waar die eerste jagluiperd ooit in gevangeskap geteel is. Margaret Roberts, internasionaal erkende kundige op die gebied van kruie, het ook 'n kruiesentrum hier waar sy kruie kweek en lesings en demonstrasies gee.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]