Los Angeles Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Los Angeles Internasionale Lughawe
Los Angeles International Airport Aerial Photo.jpg
IATA: LAXICAO: KLAX
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar City of Los Angeles
Operateur Los Angeles World Airports
Bedien Los Angeles, Kalifornië, VSA
Ligging Los Angeles
Spil vir

Passasier-lugrederye

  • Alaska Airlines
  • American Airlines
  • Delta Air Lines
  • United Airlines
  • Virgin America

Vraglugrederye

  • Atlas Air
Fokuspunt vir
Hoogte bo seevlak 128 vt / 39 m
Koördinate 33°56′33″N 118°24′29″W / 33.94250°N 118.40806°W / 33.94250; -118.40806Koördinate: 33°56′33″N 118°24′29″W / 33.94250°N 118.40806°W / 33.94250; -118.40806
Webtuiste www.lawa.org
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
6L/24R 2 721 8 926 Beton
6R/24L 3 135 10 285 Beton
7L/25R 3 685 12 091 Beton
7R/25L 3 382 11 095 Beton
Statistieke (2015)
Passasiers 74 936 256
Lugbewegings 655 564
Ekonomiese impak VS$ 14,9 miljard (2012)
Sosiale impak 133 900 (2012)

Los Angeles Internasionale Lughawe (IATA: LAX, ICAO: KLAX, FAA LID: LAX) is die grootste en besigste lughawe in die Groter Los Angeles-gebied en die Amerikaanse deelstaat Kalifornië asook een van die belangrikste internasionale lughawens in die Verenigde State.

Dikwels word na die lughawe volgens sy IATA-kode kort verwys as LAX (uitgespreek as L-A-X). LAX is in die suidweste van Groter Los Angeles aan die Stille Oseaan geleë, tussen die stadsbuurt Westchester in die noorde en die onafhanklike munisipaliteit City of El Segundo in die suide. Die lughawe is in besit van en word bestuur deur Los Angeles World Airports, 'n agentskap van Los Angeles se stadsregering wat vroeër as die Departement van Lughawens (Department of Airports) bekendgestaan het.