Departement van Kuns en Kultuur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Departement van Kuns en Kultuur is een van die departemente van die Suid-Afrikaanse regering. Dit bevorder, ondersteun, ontwikkel en beskerm kunste, kultuur en erfenis van Suid-Afrika. Die erfenisterreine, museums en monumente van die land word  ook deur hierdie departement bestuur. Die politieke hoof van die departement is die Minister van Kuns en Kultuur; sedert 2014 is dit Nathi Mthethwa.

In die nasionale begroting van 2010 het die departement het 'n toewysing van 2,406.7 miljoen rand gekry en het 461 werknemers gehad.[1]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Vote 13: Arts and Culture" (PDF). Estimates of National Expenditure 2010. Pretoria: National Treasury. 17 Februarie 2010. ISBN 978-0-621-39079-7. Besoek op 30 Augustus 2010.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]