Noord-Ndebele
Voorkoms
- Hierdie artikel handel oor die Noord-Ndebeletaal. Vir die etniese groep van Suider-Afrika, sien Ndebeles.
Noord-Ndebele isiNdebele | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Zimbabwe Botswana Suid-Afrika | |
Gebied: | Matabeleland-Noord en Matabeleland-Suid in Zimbabwe, Noord-Oos distrik in Botswana | |
Totale sprekers: | 1,6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Nguni Noord-Ndebele | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Zimbabwe | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | nd | |
ISO 639-2: | nde | |
ISO 639-3: | nde | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Noord-Ndebele of Sindebele, Tabele, Tebele (isiNdebele in Noord-Ndebele) is 'n Afrikataal wat tot die Ngunigroep van Bantoetale behoort. Dit word deur die Ndebeles of Matabele van Zimbabwe gepraat. Dit is naas Shona een van die twee hooftale van Zimbabwe en een van die amptelike tale van dié land.
Noord-Ndebele is verwant aan Zoeloe, wat in Suid-Afrika gepraat word. Die Ndebele van Zimbabwe stam meestal van die volgelinge van Zoeloeleier Mzilikazi af. Hy verlaat kwaZulu in die begin van die negentiende eeu gedurende die Mfecane.
Noord-Ndebele (isiNdebele) is nou verwant aan, maar 'n andere taal as Suid-Ndebele (Ndebele) wat vernaamlik in Suid-Afrika gepraat word en een van die 11 amptelike tale is.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Noord-Ndebele.
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Ndebele" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 21 Januarie 2016.