Dewetsdorp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dewetsdorp
Ligging van Dewetsdorp op 'n kaart (Vrystaat)
Dewetsdorp
Dewetsdorp
 Dewetsdorp se ligging in Vrystaat
Koördinate: 29°35′0″S 26°40′0″O / 29.58333°S 26.66667°O / -29.58333; 26.66667Koördinate: 29°35′0″S 26°40′0″O / 29.58333°S 26.66667°O / -29.58333; 26.66667
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Xhariep
Munisipaliteit Naledi
Stigting 1880
Oppervlak[1]
 - Dorp 25,77 km²  (9,9 vk m)
Hoogte 1 099 m (3 606 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 9 498
 - Digtheid 369/km² (955,7/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 6.4%
 • Indiër/Asiër 0.3%
 • Kleurling 1.1%
 • Swart 91.9%
 • Ander 0.4%
Taal (2011)[1]
 • Sotho 84.6%
 • Afrikaans 7.5%
 • Xhosa 3.1%
 • Engels 1.5%
 • Ander 3.3%
Poskode (strate) 9940
Poskode (posbusse) 9940
Skakelkode(s) 051

Dewetsdorp is 'n dorp in die Vrystaat, Suid-Afrika, en is 71 km suidoos van Bloemfontein en 40 km noordwes van Wepener geleë.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die dorp is genoem na genl. Christiaan de Wet se pa, Jacobus Ignatius de Wet. Dit was voorheen bekend as De Wet. Jacobus de Wet was die veldkornet van die streek en het gevoel 'n dorp moet om veiligheidsredes in die omgewing van die plaas Kareefontein gestig word. In 1876 het die Volksraad die eerste aansoek vir dorpstigting van die hand gewys. Nogtans het De Wet en ander voortgegaan en die plaas Kareefontein in erwe verdeel. Drie jaar later het hy weer eens versoek dat Kareefontein as 'n dorp erken word. In 1880 is Dewetsdorp geproklameer en in 1890 het dit 'n munisipaliteit geword. Die dorp is tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die Britte beset nadat Bloemfontein geval het. Op 19 November 1900 het genl. De Wet die garnisoen onder bevel van W.G. Massey aangeval. Hulle het ná vier dae oorgegee.

Distrik[wysig | wysig bron]

Die distik is 2 260 km2 groot en is uitstekende bees- en skaapwêreld. Mielies en koring word ook verbou.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Dewetsdorp". Sensus 2011. 

Bronne[wysig | wysig bron]