Donkerkonynvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Donkerkonynvis
Bewaringstatus

Nie geëvalueer (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Siganidae
Genus: Siganus
Spesie: S. luridus
Binomiale naam
Siganus luridus
(Rüppell, 1829)
Sinonieme

Amphacanthus abhortani Valenciennes, 1835

Die donkerkonynvis (Siganus luridus) is 'n vis wat wydverspreid in die westelike Indiese Oseaan voorkom: die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die dusky rabbitfish.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 30 cm lank. Die boonste kant van die lyf is gewoonlik geelbruin en die onderkant is lig. Daar is klein blou kolletjies op die sye van die vis. Daar is verskeie blou, horisontale lyne op die wange en donker, vertikale strepe op die gelerige stert. Die vis se kleur kan egter varieer, die bokant van die lyf kan ook donker geelbruin wees en grys aan die onderkant met 'n geel streep aan die bokant van die sye en 'n wit streep deur die middel van die lyf.

Hulle leef in rotsstrande en aflandige riwwe in water wat tot 40 m diep is. Die vis leef in pare of klein groepies saam. Hulle vreet alge. Die spesie is raar in Suid-Afrikaanse waters.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]