Oman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
سلطنة عُمان
Salṭanat ʻUmān
Sultanaat Oman
Vlag van Oman Embleem van Oman
Vlag Embleem
Volkslied: نشيد السلام السلطاني
as-Salām as-Sultānī
(Arabies vir: "Vrede vir die Sultan")
Ligging van Oman
Hoofstad Maskat

23°36′N 58°33′O / 23.600°N 58.550°O / 23.600; 58.550

Grootste stad Maskat
Amptelike tale Arabies
Regering

Sultan
• Adjunkpremier
Unitêre parlementêre
absolute monargie
Qaboos bin Said al Said
Fahd bin Mahmoud al Said[1]
Onafhanklikheid
Vorming
• Azd-stam migrasie
• Al-Julanda
• Imamate gestig[2]
• Nabhani-dinastie
• Yaruba-dinastie
• Huis van Al Said
• Maskat en Oman
• Dhofar-opstand
• Sultanaat Oman
• Huidige grondwet


130
629
751
1145
1624
1744
8 Januarie 1820
9 Junie 196511 Desember 1975
9 Augustus 1970
6 November 1996
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
309 500 km2  (70ste)
119 500 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
4 424 762[3] (125ste)
2 773 479[4]
15 / km2 (214ste)
38,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$212,659 miljard[5]
$48 394[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$86,525 miljard[5]
$19 690[5]

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,821[6] (48ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Rial (OMR)
Tydsone
 - Somertyd
GST (UTC+4)
nie toegepas nie (UTC+4)
Internet-TLD .om, عمان.
Skakelkode +968

Oman (Arabies: عمان, ʻumān, [ʕʊˈmaːn]), amptelik die Sultanaat Oman (سلطنة عُمان, Salṭanat ʻUmān), is 'n staat in die Midde-Ooste en Wes-Asië. Die land is langs die oostelike kus van die Arabiese Skiereiland geleë. Dit lê noordoos van Jemen, oos van Saoedi-Arabië, suidoos van die Verenigde Arabiese Emirate, suid van Iran en suidwes van Pakistan. Oman beslaan 'n oppervlakte van 309 500 km² en het 'n bevolking van 4 424 762 in 2016 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Maskat. Die amptelike taal is Arabies en van die belangrikste etniese groepe sluit in Arabiere en Bedoeïene. Oman beskik oor 'n groot aantal immigrante wat sowat 45% van die land se bevolking vorm.[7]

Kaart van Oman
Kaart van Oman
Maskat is die hoofstad en grootste stedelike sentrum van Oman

Oman is aan 'n strategies belangrike plek aan die monding van die Persiese Golf (hier "Arabiese Golf" genoem) in die Indiese Oseaan geleë. Die kus is aan die Arabiese See in die suidooste en die Golf van Oman in die noordooste geleë. Die Madha- en Musandam-eksklawes word deur die Verenigde Arabiese Emirate langs die landgrens omring met die Straat van Hormuz (gedeel met Iran) en die Golf van Oman wat Musandam se maritieme grense vorm.

Vanaf die 17de eeu was die Omanse sultanaat 'n magtige ryk en het met Portugal en die Verenigde Koninkryk oor invloed in die Persiese Golf en die Indiese Oseaan gewedywer. Op sy hoogtepunt in die 19de eeu het die Omanse invloed oor die Straat van Hormuz tot die hedendaagse Iran en Pakistan gestrek en tot Zanzibar in die suide.[8] Toe sy mag in die 20ste eeu begin afneem, het die sultanaat onder die invloed van die Britse Ryk gekom. Vir meer as 300 jaar was die verhoudinge tussen die twee ryke op wedersydse voordele gebaseer. Die Britte het Oman se geografiese belangrikheid as 'n handelspos wat hul handelsroete in die Arabiese Golf en Indiese Oseaan asook hul besit in Brits-Indië kon beskerm erken. In ruil hiervoor het die Britte Oman se interne eenheid versterk en die sultanaat teen eksterne bedreigings bygestaan.[9] Maskat was histories die vernaamste handelshawe van die Persiese Golf-strek. Maskat was ook onder die belangrikste handelsposte in die Indiese Oseaan.

Die sultan Qaboos bin Said al Said is sedert 1970 die erflike leier van die absolute monargie. Sultan Qaboos is tans die langsheersende leier in die Midde-Ooste,[10] en die derde langsheersende monarg wêreldwyd.

Oman is 'n lidland van die Verenigde Nasies, Beweging van Onverbonde Lande, Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, OPUL en die Samewerkingsraad van die Arabiese Golflande. Dit beskik oor aansienlike ruoliereserwes, die 25ste grootste wêreldwyd.[11][12] In 2010 het die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram Oman as die mees gevorderde nasie ter wêreld in terme van ontwikkeling gedurende die afgelope 40 jaar geranglys.[13] Van die belangrikste ekonomiese sektore sluit in toerisme en die handel met vis, data en verskeie landbouprodukte. Dit onderskei Oman van sy bure se grootliks olieafhanklike ekonomieë. Oman word beskou as 'n hoë-inkomste ekonomie en word volgens die wereldwye vredesindeks as die 70ste mees vredevolle land wereldwyd beskou.[14]

Krieket is een van die gewildste sportsoorte in Oman, veral te danke aan die uitgewekene bevolking van die lande in Suid-Asië. Die Omanse nasionale krieketspan kon in 2016 vir die IKR-Wêreld Twintig20 kwalifiseer nadat hulle die sesde plek in 2015 se IKR-Wêreld Twintig20-kwalifisering kon haal. Hulle het ook IKR T20-status verkry nadat hulle onder die boonste ses spanne in die kwalifikasie geëindig het.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Cabinet Ministers". Regering van Oman. Besoek op 13 Augustus 2014. 
  2. (en) "Oman".. MSN Encarta. 
  3. (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 4 Februarie 2019. 
  4. (en) "Final Results of Census 2010" (PDF). National Center for Statistics & Information. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 18 Mei 2013. Besoek op 7 January 2012. 
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Oman". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 4 Februarie 2019. 
  6. (en) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Besoek op 4 Februarie 2019. 
  7. (en) "Oman". Central Intelligence Agency. Besoek op 4 Februarie 2019. 
  8. (en) (2012) “The ethnic label Zinjibari: Politics and language choice implications among Swahili speakers in Oman”. Ethnicities 12 (3): 335–353. doi:10.1177/1468796811432681.
  9. (en) Al Basami, Mubarak (April 2016). “Oman – UK Relations”. BePress.
  10. (en) "Arab uprising: Country by country – Oman". BBC. 16 Desember 2013. Besoek op 4 Februarie 2019. 
  11. (en) "Oman profile – Overview". BBC. 25 April 2018. Besoek op 4 Februarie 2019. 
  12. (en) "Private sector gets Omanisation targets". Gulf News. 13 Februarie 2011. Besoek op 4 Februarie 2019. 
  13. (en) "Five Arab states among top leaders in long-term development gains". Hdr.undp.org. 4 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2013. Besoek op 29 Oktober 2011. 
  14. (en) "Global Peace Index: 2017" (PDF). visionofhumanity.org. Global Peace Index en Instituut vir Ekonomie en Vrede. p. 11. Besoek op 4 Februarie 2019. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]