Erwin Schrödinger
Erwin Schrödinger | |
Geboortenaam | Erwin Rudolf Josef Alexander Schrödinger |
---|---|
Gebore | Wene, Oostenryk-Hongarye | 12 Augustus 1887
Oorlede | 4 Januarie 1961 (op 73) Wene, Oostenryk |
Burgerskap | |
Nasionaliteit | Oostenryk |
Vakgebied | Fisika |
Alma mater | Universiteit van Wene |
Doktorale promotor(s) | Friedrich Hasenöhrl |
Ander akademiese adviseur(s) | Franz S. Exner |
Bekend vir | Schrödinger-vergelyking Schrödinger se kat |
Toekennings | Nobelprys vir Fisika |
Handtekening |
Erwin Rudolf Josef Alexander Schrödinger[1] (12 Augustus 1887 – 4 Januarie 1961), was 'n Oostenrykse fisikus wat 'n aantal fundamentele resultate op die gebied van kwantumteorie ontwikkel het en die Nobelprys vir Fisika vir sy werk gewen het: die Schrödingervergelyking bied 'n manier om die golffunksie van 'n stelsel te bereken en hoe dit dinamies verander in tyd.
Hy was die skrywer van verskeie werke oor verskillende aspekte van fisika: statistiese meganika en termodinamika, fisika van diëlektrika, kleurteorie, elektromagnetisme, algemene relatiwiteit, en kosmologie, en hy het verskeie pogings aangewend om 'n verenigde veldteorie te konstrueer. In sy boek What Is Life? behandel Schrödinger die probleme van genetika en kyk hy na die verskynsel van die lewe vanuit die oogpunt van fisika. Hy het baie aandag geskenk aan die filosofiese aspekte van wetenskap, antieke en Oosterse filosofiese begrippe, etiek en godsdiens.[2] Hy het ook oor filosofie en teoretiese biologie geskryf. Hy is bekend vir sy "Schrödinger se kat" -denkeksperiment.
Biografie
[wysig | wysig bron]Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Schrödinger is op 12 Augustus 1887 in Wene, Oostenryk gebore.[3] Sy ma was van Oostenrykse en Engelse afkoms. Sy pa was 'n Katoliek en sy moeder Luthers. Alhoewel hy in 'n godsdienstige huishouding grootgeword het, het hy homself as 'n ateïs beskryf.
Persoonlike lewe
[wysig | wysig bron]Op 6 April 1920 het Schrödinger met Annemarie (Anny) Bertel getrou.[4] Schrödinger het aan tuberkulose gely. Hy was tydens verskeie geleenthede in die 1920's ingeboek by sanatoriums. Dit was daar dat hy sy golfvergelyking-formule geformuleer het. Schrödinger het 'n onkonvensionele persoonlike lewe gehad.
Gepubliseerde werke
[wysig | wysig bron]- Nature and the Greeks en Science and Humanism Cambridge University Press (1996) ISBN 0-521-57550-8.
- The interpretation of Quantum Mechanics Ox Bow Press (1995) ISBN 1-881987-09-4.
- Statistical Thermodynamics Dover Publications (1989) ISBN 0-486-66101-6.
- Collected papers Friedr. Vieweg & Sohn (1984) ISBN 3-7001-0573-8.
- My View of the World Ox Bow Press (1983) ISBN 0-918024-30-7.
- Expanding Universes Cambridge University Press (1956).
- Space-Time Structure Cambridge University Press (1950) ISBN 0-521-31520-4.[5]
- What Is Life? Macmillan (1944).
- What Is Life? & Mind and Matter Cambridge University Press (1974) ISBN 0-521-09397-X.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Schrödinger". Random House Webster's Unabridged Dictionary.
- ↑ Heitler, W. (1961). "Erwin Schrodinger. 1887–1961". Biographical Memoirs of Fellows of the Royal Society. 7: 221–226. doi:10.1098/rsbm.1961.0017. JSTOR 769408.
- ↑ "Rudolf Schrödinger" (in Duits). geni.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2020. Besoek op 14 Augustus 2016.
- ↑ Moore 1992 discusses Schrödinger's unconventional relationships, including his affair with Hildegunde March, in chapters seven and eight, "Berlin" and "Exile in Oxford".
- ↑ Taub, A. (1951). "Review: Space-time structure by Erwin Schrödinger" (PDF). Bull. Amer. Math. Soc. 57 (3): 205–206. doi:10.1090/s0002-9904-1951-09494-x.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Erwin Schrödinger. |
Wikiquote het aanhalings in verband met Erwin Schrödinger |