Gebruikerbespreking:Charlielv55

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Crystal Clear app file-manager.png
Argief
Na Argief


Hoe word 'n argief aangelê?
Vakman-
redakteur (9 maande, 6000+ wysigings)
Toegeken deur Aliwal2012 op 31 Des 2019

Onvertaalde artikel Lang Lang[wysig bron]

Dagsê Charlie!

Ek moet ongelukkig jou nuwe artikel "Lang Lang" wegskuif na Gebruiker:Charlielv55/sandput/Lang Lang omrede dit nog in Engels verskyn in ons hoofnaamruimte.

Ek weet jy is nog hard besig om dit te vertaal, maar laat my 'n boodskap hier wanneer dit voltooi is, dan skuif ek as administrateur die volledige artikel weer vorentoe. Dis nie om snaaks te wees met jou nie, aanvaar my aksie in goeie trou! Sterkte, --Aliwal2012 (kontak) 10:41, 14 Augustus 2019 (UTC)

Baie dankie, doen dit asb. voortaan so, dis beslis beter so, solank mens net ongehinderd kan voortgaan en dit voltooi. Ek sal jou laat weet wanneer ek klaar is :) (Partykeer voel dit regtig asof mens voor 'n berg te staan kom met al jou ambisies om die en daai artikel in Afrikaans beskikbaar te maak, maar stadigaan maak mens darem vordering! Dit is darem 'n lekker uitdaging. Groete.Charlielv55 (kontak) 10:44, 14 Augustus 2019 (UTC)
Gaaf so, dis lekker om in jou eie sandput op jou eie tyd te redigeer, dan kan die artikel mos maar "hang" daar as jy gaan eet of iets! hou moed, ek en Gebruiker:Pbsouthwood het verlede jaar 18 maande lank aan 'n "draft" gewerk, sy Woordelys vir onderwaterduik!! --Aliwal2012 (kontak) 10:59, 14 Augustus 2019 (UTC)
Nou verstaan ek nie meer nie, waarom wou die stelsel nie bloot my wysigings in die Sandput reflekteer nie. Nou is die ding weer gepubliseer, en sonder my vorige wysigings. Dis 'n gemorsCharlielv55 (kontak) 11:38, 14 Augustus 2019 (UTC)
Verwyder maar asb. alles dankie. Klaar vir die week!Charlielv55 (kontak) 11:40, 14 Augustus 2019 (UTC)
Jy verloor te gou moed! Jy het seker op die rooi skakel ".Lang Lang" gekliek, toe "create" wikipedia weer die artikel! Moet ek dit regmaak, dan gaan jy self weer aan by Gebruiker:Charlielv55/sandput/Lang Lang? Groete,--Aliwal2012 (kontak) 12:17, 14 Augustus 2019 (UTC)
PS: Jy moet net op die blou artikel hierbo werk, totdat ons dit weer terugskuif :) Aliwal2012

Ek onttrek, sterkte daarmee om Afrikaans van gewisse ondergang te probeer red.Charlielv55 (kontak) 12:07, 15 Augustus 2019 (UTC) Julle vervreem die einste mense wat veronderstel is om te help en IN DESPERAATHEID EN GEDURENDE WERKSURE TE PROBEER bydra om Afrikaans te red van ondergang, soos die taal dag-na-dag weggekalwe, misken en "ge-herstandaardiseer" word - 'n hedendaagse taalmisdaad teen die mensdom wat besig is om voor ons eie oë af te speel. Sterkte daarmee om met 'n skamele aantal vertalers en werkers 100,000 artikels te bereik, julle het nou een minder, maar julle sal seker sê, dankie tog!. Charlielv55 (kontak) 15:22, 15 Augustus 2019 (UTC)

Daar is beslis probleme met PHP7 en die sagteware hier - as jy twee of meer wysigings kort na mekaar aanbring, word die vorige een teruggerol. Ek is ook nie regtig tevrede met my Apple-sagteware nie - die lettertipes vir die Microsoft Edge-blaaier is 'n droom, Safari en Opera bly 'n uitdaging in hierdie opsig. Ek hoop net dat Edge binnekort vir Apple se Mojave-en Catalina-bedryfstelsels beskikbaar sal wees. (Goeie genade, 'n mens wat alle bedryfstelsels en hardeware ter beskikking het kla weer...)
Ek betreur dit as bekwame en produktiewe bydraers besluit om nie meer hier betrokke te wees nie. Taalbeheersing, vakkennis, teksgehalte en grafiese uitleg moet hoë prioriteit geniet. Taalbesmetting met Engelse terme word al hoe meer 'n belangrike kwessie. Die Afrikaanse woordeskat bevat woorde soos Ryks- en keiserlik, nogtans kom ons hier imperiaal teë. Engels het die Franse empire, empereur en impérial ontleen, Duits en Nederlands nie. Hoekom dan Afrikaans? Sug… Daar is wél imperiale maateenhede soos gelling en jaart. Voyageur (kontak) 18:51, 15 Augustus 2019 (UTC)

Benodig "dirigent"[wysig bron]

Môre Charlie! Ek sien jy vorder goed met jou nuwe artikels in die musiekwêreld!

Kan jy moontlik vir ons een oor dirigent skryf? Net die basiese sal doen, ons kan dit later uitbrei. Groete! --Aliwal2012 (kontak) 08:05, 23 Augustus 2019 (UTC)

Baie dankie jong! Ek sal met graagte so 'n artikel skryf. Sal binnekort daaraan begin werk, ek belowe:) Charlielv55 (kontak) 08:23, 23 Augustus 2019 (UTC)
Baie dankie vir die geskrewe artikel! Ek dink net ons moet "prinsipiële dirigent" eerder "hoofdirigent" maak. --Aliwal2012 (kontak) 20:49, 24 Augustus 2019 (UTC)

Doodreg so jong. Groete! Charlielv55 (kontak) 11:53, 25 Augustus 2019 (UTC)

Filharmoniese orkes vs simfonie-orkes[wysig bron]

Hi, wat is die verskil tussen 'n filharmoniese orkes en 'n simfonie-orkes? Ek wil nie dit verkeerdelik aanmekaar skakel nie! Dankie, --Aliwal2012 (kontak) 11:55, 23 Augustus 2019 (UTC)

Hallo daar Aliwal, (in Engels) "The two different names are still in use because sometimes when there happens to be two orchestras in a city, one is named the philharmonic, and the other is named the symphony orchestra or vice versa. This is essentially done just for the sake of individuality and recognition. This is just the case with the London Symphony Orchestra and the London Philharmonic Orchestra. The symphony orchestra or the philharmonic orchestras are essentially the same...An orchestra will be called a symphony orchestra when it is large enough to play symphonies. Taking the example of Beethoven’s Symphony No. 9, this requires a whole conglomeration of instruments which are: French horn, bass viol, flute, violin I and violin II, bassoon, timpani, oboe, clarinet, viola, cello, trumpet, full chorus, and solo soprano, alto, tenor, and bass vocalists..." Bron:http://www.differencebetween.net/language/words-language/difference-between-philharmonic-and-symphony-orchestra/ .

Dus: basies dieselfde :) Baie, baie dankie! Charlielv55 (kontak) 12:00, 23 Augustus 2019 (UTC)

Taalversorging van jou artikels[wysig bron]

Middag Charlie, net twee taalfoutjies wat ek gereeld verbeter vir jou:

  • In die konteks van iemand se studie ((en) studied with), is die korrekte Afrikaans "gestudeer onder Mandela", nie gestudeer saam met Mandela nie, omdat dit verwar kan word dat die persoon dan 'n klasmaat van Mandela moes wees.
  • "Prinsipiële Dirigent" moet jy eerder hoofdirigent skryf, soos reeds deur my versoek hierbo.
  • Vermy parameter authorlink in aanhalings wat jy oorbring, dit gee amper altyd 'n rooi skakel na die outeur wat lelik vertoon.

Dankie, en sterkte met die vertaal! --Aliwal2012 (kontak) 12:40, 3 September 2019 (UTC)

Dankie Aliwal :) Charlielv55 13:40, 3 September 2019 (UTC)

Skryfweek Maandag, 23 September 2019 – Sondag, 29 September 2019[wysig bron]

Hallo, Charlielv55, onthou asb. om onderwerpe te nomineer vir volgende week se skryfweek! Namibië loop tans voor, met Indonesië in die tweede plek! – K175 (gesels met my | my bydraes) 16:29, 22 September 2019 (UTC)

Reminder: Community Insights Survey[wysig bron]

RMaung (WMF) 15:28, 4 Oktober 2019 (UTC)

Désirée Talbot[wysig bron]

@Charlielv55:, wil jy nie asb bogenoemde vertaal uit Engels nie? Groete! Oesjaar (kontak) 05:43, 21 Oktober 2019 (UTC)

Goeiemôre Oesjaar, ek doen dit met graagte :) Beste groete! Charlielv55 (kontak) 06:02, 21 Oktober 2019 (UTC)
Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 16:01, 21 Oktober 2019 (UTC)

Ontkiemingskompetisie[wysig bron]

Gaan jy deelneem aan die Wikipedia:Ontkiemingskompetisie? – K175 (klets | my bydraes) 10:32, 20 November 2019 (UTC)

@K175: - Middag jong, nie spesifiek nie, ek het so baie dinge waaraan ek werk of vertaal (of aan wil werk en vertaal!). Net vlugtig daarna gekyk na aanleiding van die artikel op MM, het tog gedink ek sal graag die artikel betreffende Die Karamazof-broers van Dostojefski wil verbeter na die voorbeeld van die Nederlandse artikel. Groete! Charlielv55 (kontak) 13:11, 20 November 2019 (UTC)

Albert Blake wysigings skrywersprofiel[wysig bron]

Beste Charlie

Ek wil graag met jou my kommer bespreek oor jou wysigings 'n paar dae gelede van bg. Alvorens ek dit doen wil ek seker maak hierdie is die gepaste forum.

Wees asb so vriendelik en laat weet.

Groete Llewellyn {Badprop)

@Badprop: - Goeiedag Llewellyn, dankie vir die laat-weet. Alles blyk in orde te wees, en jammer vir my oorywerigheid. Beste groete, Charlielv55 (kontak) 06:12, 2 Desember 2019 (UTC)

Lucebert[wysig bron]

Charlie, daar is nog 'n klomp Engels in die artikel. Groete! Oesjaar (kontak) 15:33, 6 Desember 2019 (UTC)

Haai Oesjaar, nou net klaargemaak. (indien dit 'n relatief kort artikel is maak ek dit gewoonlik gou klaar op die hoof naamruimte, al is dit momenteel nog nie heeltemal klaar nie, [maar wel binne 'n paar minute]). Ek doen dit net so in spesiale gevalle, anders moet ek onnodiglik die aanstuur funksie verrig. As jy my die gebruik kan verskoon; ek doen dit net so indien ek weet ek gaan binne minute die volledig vertaalde artikel klaar hê en dit dan skakel. Vir artikels wat ek weet 'n omslagtige proses gaan wees, skuif ek dit soos die gebruik is na my Gebruikerblad:) Groete, lekker naweek hou!Charlielv55 (kontak) 15:43, 6 Desember 2019 (UTC)

Teks in artikel[wysig bron]

Charlie, wat ek doen wanneer ek vertaal is om die fasiliteit "<!-- verskuilde teks -->" te gebruik. Alle teks tussen <!-- en --> bly in die artikel maar is onsigbaar wanneer die artikel lewendig gaan. Probeer dit gerus. Groete! Oesjaar (kontak) 17:12, 6 Desember 2019 (UTC)

Oukei, baie dankie Oesjaar, ek het nie eers geweet daarvan nie! Sal voortaan gebruik maak daarvan :) GroeteCharlielv55 (kontak) 08:27, 7 Desember 2019 (UTC)

Verskuilde teks NB[wysig bron]

"<!-- verskuilde teks -->" Alle teks tussen <!-- en --> bly in die artikel maar is onsigbaar wanneer die artikel lewendig gaan. By die Engelse wiki word hierdie toertjie "commented out" genoem. (Charlie, die "nowiki" moet natuurlik weggelaat word). Goete, --Aliwal2012 (kontak) 15:55, 7 Desember 2019 (UTC)

Dankie jong Charlielv55 (kontak) 09:51, 8 Desember 2019 (UTC)

Marguerite Durand[wysig bron]

Charlie, ek vertrou dit gaan goed! Het jy nie lus om en:Marguerite_Durand te vertaal nie? Ons benodig die dame artikels! Groete! Oesjaar (kontak) 11:27, 9 Desember 2019 (UTC)

Reg so Oesjaar. Groete Charlielv55 (kontak) 12:04, 9 Desember 2019 (UTC)

Voltooide artikels[wysig bron]

(Accademia Nazionale di Santa Cecilia, Liefde vir drie Lemoene, La Scala, Joseph Szigeti, Tony Juniper, Rupert Sheldrake, Claude Ruggieri [Gehelp met bywerking], Stéphane Lissner, Zoltán Kodály, Santa Croce in Gerusalemme, Domenico Veneziano, Claudio Arrau, Tullio Serafin, Alexander Brailowski, Igor Markewitsj, Nikolaus Harnoncourt, André Cluytens, Lys van komposisies deur Fritz Kreisler, Fritz Kreisler, Michel Houellebecq, Teatro La Fenice, Masaccio, Vioolconcerto nr. 7 (Mozart) [klaar met bywerking]), Institut Français, Institut de France, Arthur Rubinstein - bywerking klaar, Stradivarius, Bakoe-staatsuniversiteit, Lys van universiteite in Azerbeidjan, Azerbeidjanse Staatsuniversiteit vir Ekonomiese Studies, Uffizi

Woning[wysig bron]

Charlie, waar bly jy? As jy nie hier op die Wikipedia wil sê nie, kan jy my e-pos. Adres op my gebruikersblad. Groete! Oesjaar (kontak) 11:05, 13 Desember 2019 (UTC)

@Oesjaar: - Goeiemiddag Oesjaar - tot my innige spyt; in Bloem. Groete :) Charlielv55 (kontak) 11:11, 13 Desember 2019 (UTC)

Ek vertrou dit gaan goed daar in Bloemfontein. Dit is die Wiki styl om geboorte- en sterftedatums net na die persoon se naam te plaas soos volg: Maria Elizabeth Rothmann (28 Augustus 1875 – 7 September 1975). Jy kan dit later weer noem iewers in jou artikel. Groete! Oesjaar (kontak) 08:27, 19 Desember 2019 (UTC)

Anton Nel[wysig bron]

Charlie, ek vertrou dat jy 'n goeie kersfees geniet het! Enige kans dat jy Anton Nel uit Engels kan vertaal? Ek sien die man verjaar môre. Groete! Oesjaar (kontak) 08:15, 28 Desember 2019 (UTC)

Uitgevoer Uitgevoer. Baie dankie Oesjaar - dieselfde vir jou en jou geliefdes ook! Groete! Charlielv55 (kontak) 11:01, 28 Desember 2019 (UTC)

Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 11:44, 28 Desember 2019 (UTC)

Louise Smit[wysig bron]

Charlie, kan jy asb vir my bogenoemde uit die Engelse Wiki vertaal: [1]. Die tannie verjaar vandag, so 'n bietjie Suid-Afrikaanse inhoud! Groete! Oesjaar (kontak) 16:54, 2 Januarie 2020 (UTC)

Uitgevoer Uitgevoer - Groete, Charlielv55 (kontak) 19:40, 2 Januarie 2020 (UTC)

Dankie! Oesjaar (kontak) 20:30, 2 Januarie 2020 (UTC)
Dis 'n plesier Charlielv55 (kontak) 21:26, 2 Januarie 2020 (UTC)