Gaan na inhoud

Guppie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Guppy)

Guppie
Volgroeide vroulike en manlike individue.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. reticulata
Binomiale naam
Poecilia reticulata
Peters, 1859
Sinonieme

Acanthocephalus guppii
A. reticulatus
Girardinus guppii
G. petersi
G. poeciloides
G. reticulatus
Haridichthys reticulatus
Heterandria guppyi
Lebistes poecilioides
L. reticulatus
Poecilia poeciloides
Poecilioides reticulatus

Die guppie (Poecilia reticulata; Engels: guppy) is 'n varswatervis. Dit is een van die gewildste akwariumvisspesies ter wêreld. Die vis kom natuurlik voor in noordoostelike Suid-Amerika en die Karibiese Eilande. In Suider-Afrika kom dit voor in KwaZulu-Natal, die Kurumanoog en die Otjikotomeer in Namibië. Dit staan ook bekend as die miljoenvis.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Die wyfie (60 mm) is groter as die mannetjie (30 mm) en die lyf is dieper en ronder as die mannetjie s'n. By die wyfie is die stertvin ook bolrond. Die mannetjie is skraler met goed ontwikkelde gonopodia. Die mannetjie se kleur wissel aansienlik het gewoonlik kombinasies van helderrooi, blou, turkoois en geel. Swart kolle en strepe kan ook voorkom. Die wyfie het 'n swart kol bokant die anus.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Die guppie is lid van die familie Poeciliidae. Soos al die ander lede van die familie word hulle lewendig gebore (die eiers broei uit binne die wyfie); dus ovovivipaar. Hulle is ook bekend as vinnige broeiers. Die draagtydperk is 22 tot 26 dae. Die vis kan leef in vars- en brakwater. Hulle verkies egter warmer water, 23-24 °C, en benodig water met baie plantegroei in vir oorleweing. Die vis vreet muskietlarwes en klein wurms.

Trivia

[wysig | wysig bron]

Robert John Lechmere Guppy het guppies vir die eerste keer in 1866 in Trinidad ontdek. Die vissie is die eerste keer in 1912 in Gauteng en KwaZulu-Natal losgelaat as natuurlike plaagbeheer teen muskiete.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]