Trinidad en Tobago

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Republic of Trinidad and Tobago
Republiek Trinidad en Tobago
Vlag van Trinidad en Tobago Wapen van Trinidad en Tobago
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Together we aspire, Together we achieve
(Engels vir: "Saam streef ons, saam bereik ons")
Volkslied: Forged from the Love of Liberty
(Engels vir: "Gesmee uit die liefde vir vryheid")
Ligging van Trinidad en Tobago
Hoofstad Port of Spain

10°40′N 61°31′W / 10.667°N 61.517°W / 10.667; -61.517

Grootste stad Chaguanas
Amptelike tale Engels
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Paula-Mae Weekes
Keith Rowley
Onafhanklikheid
• Onafhanklikheid
• Republiek
van die Verenigde Koninkryk
31 Augustus 1962
1 Augustus 1976
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
5 131 km2  (165ste)
1 981 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2017-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
1 356 633[1] (152ste)
1 328 019[2]
254,4 / km2
658,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$47,223 miljard[3] (110de)
$34 229[3] (36ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$23,069 miljard[3]
$16 721[3]

MOI (2016) Green Arrow Up Darker.svg 0,780[4] (65ste)  –  hoog
Gini (2012) 39,0[5] –  medium
Geldeenheid Dollar (TTD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .tt
Skakelkode +1-868

Trinidad en Tobago (Engels: Trinidad and Tobago, Spaans vir: "Drie-eenheid" en "tabak"), amptelik die Republiek Trinidad en Tobago (Republic of Trinidad and Tobago), is 'n eilandnasie in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 5 131 km² en 'n bevolking van 1 356 633 in 2017. Die land bestaan uit twee eilande: Trinidad en Tobago wat tot die Klein Antille behoort.

Nasa-Satellietbeeld van Trinidad en Tobago
Kaart van Trinidad en Tobago

Trinidad en Tobago is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die noordooste van Venezuela, in die noordweste van Guyana en in die suide van Barbados en Grenada geleë. Trinidad en Tobago is net noord van die Suid-Amerikaanse kus en die Río Orinoco se monding in die Atlantiese Oseaan geleë, maar word weens historiese en kulturele redes as deel van Noord-Amerika beskou. Die hoofstad is Port of Spain en die grootste stad is Chaguanas, albei is op die hoofeiland Trinidad geleë.

Die eilande Trinidad en Tobago is in 1498 deur Christophorus Columbus tydens sy derde reis vir Europa ontdek en ná die Christelike Drie-eenheid en tabak genoem. Aansluitend is die eilande deur die Spanjaarde gekoloniseer en by Nieu-Spanje ingelyf. Die inheemse bevolking is uitgeroei en die eilande is met slawe uit Afrika bevolk. Die eilande is op 25 Maart 1802 volgens die Vrede van Amiens tydens die Napoleontiese Oorloë deur Spanje aan die Verenigde Koninkryk afgestaan. Tydens die Britse koloniale bewind is talle Indiërs uit Brits-Indië in Trinidad en Tobago gevestig. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie.

Op 31 Augustus 1962 het Trinidad en Tobago van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword en op 1 Augustus 1976 'n republiek binne die Britse Statebond. Volgens die bruto binnelandse produk per kapita is Trinidad en Tobago een van die rykste lande van die Amerikas (naas Kanada en die Verenigde State). Die ekonomie is veral op toerisme en die vervaardiging van hulpbronne soos aardgas en ruolie gebaseer.[6]

Krieket is Trinidad en Tobago se gewildste sportsoort en spelers mag vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf. Saam met Antigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Guyana, Jamaika, St. Kitts en Nevis en St. Lucia het dié eilandnasie die Krieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deur Australië gewen is. Daarbenewens is Trinidad en Tobago vir sy kleurryke karnaval bekend wat die etniese diversiteit van dié land weerspieël.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) (CSO), Central Statistical Office. "Home". 
  2. (en) Trinidad and Tobago 2011 Population and Housing Census Demographic Report (Report). Trinidad and Tobago Central Statistical Office. p. 2. http://www.tt.undp.org/content/dam/trinidad_tobago/docs/DemocraticGovernance/Publications/TandT_Demographic_Report_2011.pdf?download. Besoek op 23 Maart 2018. 
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Trinidad and Tobago". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 23 Maart 2018. 
  4. (en) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Besoek op 23 Maart 2018. 
  5. (en) Carla, By. (12 Maart 2013) Allowing govt to manage better | Trinidad Express Newspaper | Business Express. Trinidadexpress.com. Besoek op 23 Desember 2013.
  6. (en) "Trinidad en Tobago". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 23 Maart 2018. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Noord-Amerika
Lande: Antigua en Barbuda | Bahamas | Barbados | Belize | Costa Rica | Dominica | Dominikaanse Republiek | El Salvador | Grenada | Guatemala | Haïti | Honduras | Jamaika | Kanada | Kuba | Meksiko | Nicaragua | Panama | St. Kitts en Nevis | St. Lucia | St. Vincent en die Grenadine | Trinidad en Tobago | Verenigde State van Amerika
Afhanklike gebiede: Koninkryk van Denemarke: Groenland | Frankryk: Clipperton - Guadeloupe - Martinique - Saint-Martin - Sint Bartolomeus‎ - Sint Pierre en Miquelon | Koninkryk van die Nederlande: Aruba - Curaçao - Sint Maarten | Nederland: Bonaire - Saba - Sint Eustatius | Verenigde Koninkryk: Anguilla - Bermuda - Britse Maagde-eilande - Kaaimanseilande - Montserrat - Turks- en Caicoseilande | Verenigde State: Amerikaanse Maagde-eilande - Navassa - Puerto Rico

Lande van: Afrika - Asië - Europa - Oseanië - Suid-Amerika