Hydrangea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Hydrangea
Bauernhortensie Wochenmarkt.jpg
Hydrangea macrophylla
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Cornales
Familie: Hydrangeaceae
Genus: Hydrangea
Gronov. ex L.
Spesies

Sien teks

Sinonieme[1]
  • Adamia Wall.
  • Broussaisia Gaudich.
  • Calyptranthe (Maxim.) Nakai
  • Cardiandra Siebold & Zucc.
  • Cianitis Reinw.
  • Cornidia Ruiz & Pav.
  • Decumaria L.
  • Deinanthe Maxim.
  • Dichroa Lour.
  • × Didrangea J.M.H.Shaw
  • Forsythia Walter
  • Heteromalla (Rehder) H.Ohba & S.Akiyama
  • Hortensia Comm. ex Juss.
  • Hydrangia L.
  • Macnemaraea Willemet
  • Pileostegia Hook.f. & Thomson
  • Platycrater Siebold & Zucc.
  • Sarcostyles C.Presl ex DC.
  • Schizophragma Siebold & Zucc.

Hydrangea (/hˈdrniə/)[2] ook bekend as hortensia, is 'n genus van meer as 75 spesies van plante inheems aan Asië en die Amerikas. Verreweg die grootste spesiediversiteit is in Oos-Asië, veral China, Korea en Japan. Die meeste is struike 1-3m hoog, maar sommige is klein bome, en ander is lianae bereik tot 30m deur bome op te klim. Hulle kan óf bladwisselend óf immergroen wees, al is die wyd gekweekte gematigde spesies almal bladwisselend.[3]

Die woord Hydrangea kom van Oud-Grieks en beteken ‘water vaartuig’ (van ὕδωρ water + ἄγγος of αγγεῖον vaartuig), met verwysing na die vorm van sy saadkapsules.[4] Die vroeër naam, Hortensia, is 'n Latynse weergawe van die Franse voornaam Hortense, ter ere van die Franse sterrekundige en wiskundige Nicole-Reine Hortense Lepaute.[5]

Kleure en grondsuurheid[wysig | wysig bron]

Hydrangea blom kleur verander gebaseer op die pH in grond. Soos die grafiek uitbeeld, sal grond met 'n pH van 5,5 of laer blou Hydrangeas spruit, 'n pH van 6,5 of hoër sal pienk Hydrangeas produseer, en grond tussen 5,5 en 6,5 sal pers Hydrangeas hê. Wit Hydrangeas kan nie deur grond pH gemanipuleer word nie, hulle sal altyd wit wees omdat hulle nie pigment vir kleur bevat nie.

In meeste spesies, is die blomme wit, maar in ander (veral H. macrophylla), kan hulle blou, rooi, pienk, ligte pers, of donker pers wees. In hierdie spesies, blomme kleurverandering vind plaas as gevolg van die teenwoordigheid van aluminium ione wat beskikbaar is of vasgemaak is, afhangende van die grond pH.[6][7] Vir die H. macrophylla en H. serrata kultivars, die blomkleur kan bepaal word deur die relatiewe suurheid van die grond: 'n suur grond (pH onder 7), sal beskikbare aluminiumione hê en gewoonlik blomme produseer wat blou tot pers is,[8] terwyl 'n alkaliese grond (pH bo 7) sal aluminiumione vasbind en pienk of rooi blomme produseer. Dit word veroorsaak deur 'n kleurverandering van die blompigmente in die teenwoordigheid van aluminiumione wat in hiperakkumulerende plante opgeneem kan word.[9] Om die pH van potgrond of mengsels te verlaag, verander gewoonlik nie die blomkleur na blou nie, want hierdie gronde het geen aluminiumione nie. Die vermoë om 'n hydrangea blou of pienk te maak, word ook deur die kultivar beïnvloed. Sommige plante word gekies vir hul vermoë om blou te word, terwyl ander geteel en gekies word om rooi, pienk of wit te wees. Die blomkleur van die meeste ander Hortensia-spesies word nie deur aluminium beïnvloed nie en kan nie verander of verskuif word nie.

Spesies[wysig | wysig bron]

Onder is 'n gedeeltelike lys van spesies:

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Hydrangea Gronov. ex L." Plants of the World Online. Board of Trustees of the Royal Botanic Gardens, Kew. 2021. Besoek op 17 September 2021.
  2. Sunset Western Garden Book, 1995:606–607
  3. "The United States National Arboretum: Hydrangea FAQ". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2013-05-16. Besoek op 2008-11-27.
  4. Gledhill, David (2008). "The Names of Plants". Cambridge University Press. ISBN 9780521866453 (hardback), ISBN 9780521685535 (paperback). pp 50, 206
  5. "hortensia | Definition of hortensia in English by Oxford Dictionaries". Oxford Dictionaries | English. Besoek op 2017-12-07.
  6. "Publications - UGA Cooperative Extension". www.caes.uga.edu. Besoek op 31 Mei 2018.
  7. "USDA: Hydrangea Questions and Answers". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2013. Besoek op 31 Mei 2018.
  8. "Hydrangea". Encyclopædia Britannica (11de) 14. (1911). Cambridge University Press. “...but by the influence of sundry agents in the soil, such as alum or iron, they become changed to blue” .
  9. "Hydrangea Plants".

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]