Ivy Matsepe-Casaburri
Ivy Matsepe-Casaburri | |
Waarnemende President van Suid-Afrika
| |
Ampstermyn 24 September 2008 – 25 September 2008 | |
Voorafgegaan deur | Thabo Mbeki |
---|---|
Opgevolg deur | Kgalema Motlanthe |
Minister van Kommunikasie
| |
Ampstermyn Junie 1999 – 6 April 2009 | |
President | Thabo Mbeki |
Voorafgegaan deur | Jay Naidoo |
Opgevolg deur | Siphiwe Nyanda |
2de Premier van die Vrystaat
| |
Ampstermyn 18 Desember 1996 – 15 Junie 1999 | |
Voorafgegaan deur | Mosiuoa Lekota |
Opgevolg deur | Winkie Direko |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Kroonstad, Unie van Suid-Afrika | 18 September 1937
Sterf | 6 April 2009 (op 71) Pretoria, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Alma mater | Universiteit van Fort Hare Rutgers University–Newark |
Ivy Matsepe-Casaburri (18 September 1937 – 6 April 2009) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was die land se minister van kommunikasie vanaf 1999 tot haar dood in 2009.
Matsepe-Casaburri is in Kroonstad in die destydse Oranje-Vrystaat-provinsie gebore en voltooi haar skoolloopbaan in die Natal-provinsie. Sy het daarna haar BA-graad by die Universiteit van Fort Hare verkry voor die aanvaarding van 'n onderwyspos in Natal.
Kort daarna het Matsepe-Casaburri in ballingskap gegaan; sy het tyd spandeer in Swaziland, Zambië, die Verenigde State van Amerika en Namibië voordat sy na Suid-Afrika terugkeer het in 1990. Terwyl sy in die Verenigde State van Amerika geleef het, het sy haar Ph.D. in sosiologie van die Rutgers Universiteit ontvang.
In 1993 is Matsepe-Casaburri aangestel as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie. Sy was die eerste vrou en die eerste swart persoon wat hierdie pos beklee het. In 1997 het sy bedank uit hierdie amp om Mosiuoa Lekota as premier van die Vrystaat op te volg. Sy was ook die eerste vrou wat die posisie van 'n premier in Suid-Afrika beklee het.
Matsepe-Casaburri is in Junie 1999 as minister van kommunikasie aangestel.
Sy het ook kortliks gedien as Suid-Afrika se waarnemende president in 2005[1] en in 2008 tussen die bedanking van Thabo Mbeki en die oorname van die amp deur Kgalema Motlanthe.[2][3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Acting President for period 14 September to 18 September 2005 Geargiveer 4 Junie 2011 op Wayback Machine
- ↑ Quintal, Angela (26 September 2008). "No wars, no drama for Matsepe-Casaburri". The Mercury (in Engels). p. 2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2010. Besoek op 22 April 2009.
- ↑ (en) Chikane, Frank (28 April 2012). "Emotional farewell as Mbeki holds last cabinet meeting". Daily Nation. Besoek op 26 Augustus 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) Matsepe-Casaburri sterf in hospitaal – Obituary
Voorafgegaan deur Mosiuoa Lekota |
Premier van die Vrystaat 1996–1999 |
Opgevolg deur Winkie Direko |
Voorafgegaan deur Jay Naidoo |
Minister van Kommunikasie 1999–2009 |
Opgevolg deur Siphiwe Nyanda |
Voorafgegaan deur Thabo Mbeki |
Waarnemende President van Suid-Afrika 2008 |
Opgevolg deur Kgalema Motlanthe |