Dullah Omar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Dullah Omar

Minister van Vervoer
Ampstermyn
1999 – 2004
President Thabo Mbeki

Minister van Justisie
Ampstermyn
1994 – 1999
President Nelson Mandela
Voorafgegaan deur Kobie Coetsee
Opgevolg deur Penuel Maduna

Persoonlike besonderhede
Gebore Abdullah Mohamed Omar
26 Mei 1934
Observatory, Kaapstad, Unie van Suid-Afrika
Sterf 13 Maart 2004 (op 69)
Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Alma mater Universiteit van Kaapstad
Religie Islam

Abdullah Mohamed Omar (* 26 Mei 1934 in Kaapstad; † 13 Maart 2004), beter bekend as Dullah Omar, was 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis, prokureur, en van 1994 tot sy dood 'n minister in die Suid-Afrikaanse kabinet.

Omar is op 26 Mei 1934 in Observatory, Kaapstad gebore. Sy ouers was immigrante vanaf Gujarat in die weste van Indië.[1] Omar het aan Hoërskool Trafalgar skoolgegaan.[2] Hy was 'n gerespekteerde lid van die Moslem gemeenskap in Suid-Afrika.[3] Hy het aan die Universiteit van Kaapstad studeer en 'n regsgraad in 1957 verwerf.[4]

Tydens die apartheidsjare het Omar 'n paar lede van die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) en die African National Congress (ANC) verdedig. Later was hy ook 'n lid van die Verenigde Demokratiese Front (UDF).

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Voorafgegaan deur
Kobie Coetsee
Minister van Justisie
1999–2004
Opgevolg deur
Penuel Maduna