Marthinus van Schalkwyk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Marthinus van Schalkwyk
Marthinus van Schalkwyk
van Schalkwyk in Januarie 2009

Minister van Toerisme
Ampstermyn
10 Mei 2009 – 25 Mei 2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Mohammed Valli Moosa
Opgevolg deur Derek Hanekom

Minister van Omgewingsake en Toerisme
Ampstermyn
29 April 2004 – 10 Mei 2009
Voorafgegaan deur Mohammed Valli Moosa
Opgevolg deur Ministerie verdeel
Ampstermyn
29 April 2004 – 10 Mei 2009

Leier van die Opposisie
Ampstermyn
1997 – 1999
Voorafgegaan deur Frederik Willem de Klerk
Opgevolg deur Tony Leon

Premier van die Wes-Kaap
Ampstermyn
21 Junie 2002 – 28 April 2004
Voorafgegaan deur Peter Marais
Opgevolg deur Ebrahim Rasool

Persoonlike besonderhede
Gebore 10 November 1959
Pietersburg
Politieke party Nuwe Nasionale Party (1997 - 2005)
African National Congress
Eggenoot/eggenote Suzette van Schalkwyk
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk

Marthinus Christoffel Johannes van Schalkwyk (gebore 10 November 1959 in Pietersburg) is 'n Suid-Afrikaanse prokureur en politikus. Hy was voorheen die premier van die Wes-Kaapprovinsie benewens Leier van die Opposisie in die Suid-Afrikaanse Parlement. Sedert 2015 is hy Suid-Afrika se ambassadeur aan Griekeland.

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Van Schalkwyk het Pietersburg Hoërskool bygewoon tot 1977. Hy het studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en die Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg. Hy was 'n lid van die Nasionale Party (NP) en een van die voorsitters van Die Afrikaanse Studentebond.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Tydens apartheid was hy 'n werknemer van Militêre Intelligensie in Suid-Afrika. In 1990 word hy lid van die Parlement en word gou 'n woordvoerder van die party. Sewe jaar later, in September 1997, is hy verkies tot voorsitter van die NP. Vanaf 8 September 1997 was hy die leier van die Nuwe Nasionale Party.

Hy is aangewys as Minister van Omgewingsake en Toerisme in die Suid-Afrikaanse kabinet as tegemoetkoming vir sy bydrae om die NNP met die regerende ANC te versmee, nieteenstaande die NNP se powere resultate tydens die algemene verkiesing van 2004.

Hy word skertsend Kortbroek genoem deur sy opponente, 'n naam wat hy gekry het weens sy aanvanklike seunsagtige voorkoms en gebrek aan politieke ervaring, veral vergeleke met sy voorganger, FW de Klerk.

In Augustus 2004 is aangekondig dat Van Schalkwyk 'n lid van die ANC sou word, en dat die NNP teen 2005 ontbind sal word.[1]

Vanweë sy onteenseglike bekwaamhede het hy as minister van toerisme wel 'n belangrike rol gespeel om Suid-Afrika se beeld as toeristebestemming blink te poets. In Mei 2014, ná die algemene verkiesing, is hy egter uit die nuwe kabinet van pres. Jacob Zuma gelaat.[2]

Van Schalkwyk is tans Suid-Afrika se ambassadeur aan Griekeland (2015-hede).

Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]

Van Schalkwyk is getroud aan Suzette Minama Labuschagne en het 'n seun, Christiaan, en 'n dogter, Maryke.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) South Africa: The party of apartheid is dead
  2. (en) Jacob Zuma announces new Cabinet, besoek op 25 Mei 2014
  3. Lourens, Vanessa (12 Sep 1997). "Suzette wil haarself bly wyl sy nuwe leier steun". Die Burger. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2014. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]