Jerry Collins

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jerry Collins Sportportaal
Jerry Collins 2015-05-03.jpg
Bynaam Terminator
Geboortedatum 4 November 1980
Geboorteplek Apia, Samoa
Sterftedatum 5 Junie 2015 (op 34)
Sterfteplek Béziers, Frankryk
Lengte 1,91 m
Gewig 108 kg
Skool St. Patrick’s-kollege
Universiteit Victoria-universiteit
Vername familie Tana Umaga
Beroep Professionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Flank, agtsteman
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Northern United
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2008–2009
2009–2011
2011–2013
2015
Toulon
Ospreys
Yamaha Júbilo
RC Narbonne
22
56
11
8
(20)
(30)
(5)
(15)
korrek soos op 5 Junie 2015.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
1999–2007 Wellington 47 (55)
korrek soos op 5 Junie 2015.
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
2001–2008 Hurricanes 85 (27)
korrek soos op 5 Junie 2015.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2001–2007 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 48 (25)
korrek soos op 5 Junie 2015.

Jerry Collins (*4 November 1980, Apia, Samoa – †5 Junie 2015, Béziers, Frankryk) was ’n professionele Nieu-Seelandse rugbyspeler.

Vroeë loopbaan[wysig | wysig bron]

Collins is gekies vir die Nieu-Seelandse Hoërskolespan terwyl hy vir St. Patrick’s-kollege, in Wellington se eerste span gespeel het in 1997 en 1998. Tydens die 1999 Wêreld Juniorkampioenskap (o/19) is Collins aangewys as speler van die toernooi as deel van ’n seëvierende Nieu-Seelandse span. Hy was ook die eerste speler van daardie groep om vir die All Blacks gekies te word.

Professionele loopbaan[wysig | wysig bron]

Collins het sy debuut vir Wellington in die NPC in 1999 gemaak en in 2001 vir die Hurricanes. Hy het tussen 2001 en 2008 in geheel in 78 wedstryde vir die Hurricanes gespeel, waaronder die eindstryd van die 2006 Super 14-seisoen teen die Crusaders op Jade-stadion.

Nadat hy in 2001 sy buiging vir die All Blacks gemaak het, het Collins in 48 toetse gespeel en vyf drieë gedruk. In Junie 2006 was hy kaptein van die All Blacks in ’n eenmalige toets teen Argentinië waarin die All Blacks met 25– 19 gewen het in Buenos Aires. Collins het tydens hierdie geleentheid die 61ste kaptein van Nieu-Seeland se nasionale rugbyspan geword. Hy is ook as kaptein benoem vir Nieu-Seeland se wedstryde teen Portugal en Roemenië gedurende die Rugbywêreldbeker 2007.

Collins het in Mei 2008 uit internasionale rugby getree. Kort daarna het hy in ’n rugbyligawedstryd in die Wellingtonkompetisie gespeel maar hy was onder ’n ander naam geregistreer, waarvoor die span ’n boete opgelê is.[1]

Ná Nieu-Seeland se uittog uit die Rugbywêreldbeker 2007 het Collins in Oktober in Devon vakansie gehou waar hy deur Kevin Squire, Barnstaple se hoofafrigter gewaar wat hom genooi het oor ’n naweek na ’n wedstryd te kom kyk. Tot die verbasing van die klub het Collins opgedaag, waarop hulle hom gevra het of hy sou omgee om ’n afrigtingsessie met die juniorspan te hou. Squire het na afloop hiervan gevra of daar enigiets is wat hy vir Collins kan doen, waarop Collins geantwoord het dat hy net eenvoudig rugby wil speel. Die volgende Saterdag het Collins vir die klub se tweede span uitgedraf teen Newton Abbott. ’n Paar weke later, in ’n wedstryd vir die Barbarians, het Collins met Barnstaple se kouse uitgedraf.

Nadat hy die Hurricanes verlaat het, het Collins in die 2008/’09-seisoen vir Toulon gespeel en hom by Sonny Bill Williams aangesluit in die klub se aggressiewe werwingsveldtog.[2] In Mei 2009 het hy ’n tweejaarkontrak met Ospreys in Swansea onderteken. Hy is vir die 2009/’10-seisoen as die Spelers se Speler aangewys.

Daarna het hy vir Yamaha Júbilo in die Topliga in Japan gespeel, waarby hy aan die begin van die 2011-seisoen aangesluit het. Hy het in 2013 vir die oud-All Black-span teen Fidji gespeel en 2014 sy stewels vir die jaar weggebêre.

In Januarie 2015 het Collins ’n kontrak met die Franse klub Racing Club Narbonne geteken waar hy hoofsaaklik gespeel het wanneer Rocky Elsom beseer was.

Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]

Collins was ’n neef van Tana Umaga, oud-All Black-kaptein en spanmaat by die Hurricanes.

In Maart 2013 is hy in ’n afdelingswinkel in Hamamatsu gearresteer nadat hy met ’n 17 cm lang mes gewaar is.[3][4] Vriende van hom het beweer dat hy die mes om selfverdedigingsredes by hom gedra het nadat hy met sy lewe gedreig is.[5][6] Sy toetse vir verbode middele was negatief. ’n Paar dae na die arrestasie het Collins gesê dat hy “verlig” was om gearresteer te word omdat hy vir sy lewe gevrees het.[7]

Afsterwe[wysig | wysig bron]

Collins is op die oggend van 5 Junie 2015 oorlede nadat ’n bus met sy motor gebots het op die A9 autoroute naby Béziers in die suide van Frankryk. Sy vrou, Alana, is ook in die ongeluk oorlede terwyl sy twee maande oue babadogter Ayla in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal in Montpelliers geneem is.[8][9][10] Sy woon tans by haar ouma in Kanada.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Jerry Collins se ligaskuif nie 'n slim besluit". Stuff.co.nz. 10 Junie 2008. Besoek op 5 Junie 2015.
  2. (en) Rob Wildman (7 Augustus 2008). "Sonny Bill Williams keer rug op rugbyliga vir Toulon". Telegraph. Besoek op 5 Junie 2015.
  3. (en) "Jerry Collins na bewering in Japan gearresteer". 3 News. 17 Maart 2013.
  4. (en) "Voormalige All Black se arres in Japan bevestig". Radio NZ. 18 Maart 2013.
  5. (en) "Jerry Collins dra met vir 'selfverdediging'". 3 News. 18 Maart 2013.
  6. (en) "Oud-All Black Jerry Collins in Japan gearresteer". Dominion Post. 18 Maart 2013.
  7. (en) "Jerry Collins verlig na arrestasie". 3 News NZ. 26 Maart 2013.
  8. (en) "Voormalige All Black Jerry Collins en vrou Alana Madill sterf in motorongeluk in Frankryk". Mail Online.
  9. (en) "Oud-All Black Jerry Collins sterf in motorongeluk in Frankryk". The New Zealand Herald. 5 Junie 2015. Besoek op 5 Junie 2015.
  10. (en) "Voormalige All Black Jerry Collins sterf in motorongeluk". Guardian. 5 Junie 2015. Besoek op 5 Junie 2015.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.