Kaprivistrook

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dorpie in die Kaprivistrook.
Die Kaprivistrook.

Die Kaprivistrook is 'n 30 km breë strook land in Afrika tussen Angola en Botswana wat aan Namibië behoort. Sedert 1990 val die Kaprivistrook in twee Namibiese streke: die westelike helfte in die Kawango-streek, terwyl die oostelike helfte is die Caprivi-streek lê. Die strook begin in die noordooste van die land op die 21ste graad oosterlengte en strek 450 km na die ooste tot die punt waar die Choberivier van die Zambezirivier afbreek. Die strook grens in die noorde aan Angola en Zambië en in die suide aan Botswana. Die Okavangorivier vloei deur die westelike deel van die Kaprivistrook.

Geskiedenis[wysig]

Die Duitse kanselier Leo von Caprivi, wat die plek sy naam gegee het

Die Kaprivistrook is na die Duitse kanselier Leo von Caprivi vernoem. Von Caprivi het die gebied in 1890 by Duits-Wes-Afrika gevoeg in 'n ruiltransaksie met die Verenigde Koninkryk. Dit het Duitsland toegang tot die Zambezirivier en 'n roete na Suid-Afrika se ooskus, waar die Duitse kolonie Tanganjika geleë was, gegee. Die oordrag was 'n deel van die Heligoland-Zanzibar-Verdrag, waarvolgens Duitsland sy belang in Zanzibar geruil het vir die Kaprivistrook en die Heligoland eiland in die Noordsee.

Namibië en Botswana het 'n langdurige geskil oor die suidelike grens van die Kaprivistrook na die Internasionale Hof van Justisie geneem. Die kern van die territoriale geskil gaan oor die eienaarskap van die Chobe-rivier. Die uitkoms van die geskil sou bepaal of 'n groot eiland, bekend as Kasikili (Namibië) of Seddudu (Botswana) onderskeidelik, in die Namibië se nasionale grondgebied val. Die Botswana-regering beskou die eiland as 'n integrale deel van die Chobe Nasionale Park. Daarenteen beskou die Namibiese regering en baie inwoners van die Kaprivistrook die eiland deel van die oorspronklike Duits-Britse ooreenkoms. Geslagte van die Kaprivistrook se inwoners het dit vir seisoenale weiding, riet-insameling en as 'n graf gebruik. In Desember 1999 het die Internasionale Hof van Justisie beslis dat die belangrikste deel van die Chobe-rivier en daarom die internasionale grens, na die noorde van die eiland lê, en dat die eiland deel vorm van Botswana.

Kaart van die nasionale parke in Namibië. Parke genommer #8, 9, 10 en 11 lê in die Kaprivistrook.

Nasionale Parke[wysig]

Die Kaprivistrook bestaan tans grotendeels uit natuurparke: