Ketoon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die struktuur van asetoon

'n Ketoon of alkanoon is 'n organiese verbinding wat 'n karboniel-funksionele-groep (C=O) besit wat nie aan die einde van 'n ketting sit nie.

Die bekendste en eenvoudigste ketoon is asetoon of propanoon.

Ketone kan byvoorbeeld met 'n oplossing van kaliumdichromaat(VI) K2Cr2O7 deur oksidasie van sekundêre alkohole gevorm word.

Die oksidasie van propan-2-ol tot asetoon


In teenstelling tot die aldehiede wat uit primêre alkohole gevorm word kan ketone nie verder tot kalboksielsure geoksideer word nie.[1] Hulle vorm met Tollens se reagens daardeur geen silwerspieël nie.

Ander ketone[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]