Kim Jong-Il

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kim Jong-il
Kim Jong-Il

Opperste leier van die Demokratiese Republiek van Noord-Korea
Ampstermyn
1994 – 2011
Voorafgegaan deur Kim Il-sung
Opgevolg deur Kim Jong-un

Persoonlike besonderhede
Gebore 16 Februarie 1941/42

Kim Jong-il (16 Februarie 1941/4217 Desember 2011), was die leier van Noord-Korea se Kommunistiese Party.

Sy dood, op die ouderdom van 70, op 17 Desember 2011, is op staatstelevisie aangekondig.

Hy was een van die wêreld se mees teruggetrokke en enigmatiese leiers, wat oor 'n geheimsinnige en internasionaal geïsoleerde land regeer het.

Geskiedenis[wysig]

Vroeëre lewe[wysig]

Die offisiële Noord-Koreaanse weergawes van sy lewe, beweer dat hy 'n in blokhut gebore is en dat die gebeurtenis gemerk is met 'n dubbele reënboog en 'n helder ster in die hemelruim.

Daar word beweer dat hy ses operas in twee jaar geskomponeer het, en dat hy een van Pyonyang se mees bekende landmerke self ontwerp het.

Volgens onafhanklike kenners, is Mr. Kim in die Russiese stad van Khabarovsk gebore, waar sy guerilla vader besig was om Sowjet militêre bystand te ontvang.

Die jong Jong-il het daarna die Koreaanse oorlog in Sjina deurbring.

Soos die meeste van Noord-Korea se elite, het hy by die Kim Il-sung universiteit gegradueer.

In 1975, bekom hy die later bekende titel as "Die Geliefde Leier". Vyf jaar later sluit hy aan by die Sentrale Komitee van die Koreaanse Werkersparty en ontvang hy spesiale verantwoordelikheid vir kuns en kultuur.

In 1978, gee hy die opdrag dat die Suid-Koreaanse film regissieur, Shin Sang-ok en sy aktrise vrou Choi Eun-hee ontvoer moet word.

Hulle word apart gehou vir vyf jaar, voordat hulle weer by 'n kommunistiese party banket herenig word.

Hulle beweer dat Mr. Kim daarna vir die ontvoerings om verskoning gevra het, en daarna vra dat hulle vir hom films moet maak. Hulle het sewe films vervaardig voordat hulle in 1986 na die Weste kon ontsnap.

In 1991, word hy verkies as opperste bevelvoerder van die Koreaanse Volksweermag. Analiste glo dat hy hierdie rang gegee is om enige potensiële weerstand tot sy uiteindelike bewindsoorname in die kiem te smoor.

Teen hierdie tyd is Noord-Korea se rigiede sentraal-beplande ekonomie in 'n steeds verslegtende ekonomiese krisis gedompel, vererger deur die ineenstorting van die land se hoof handelsvennoot, die Sowjet Unie.

Handel het opgedroog en die regime het selfs uit brandstof vir fabrieke en kantore gehardloop.

Natuurlike rampe het tot misoeste gelei en honderde duisende is na bewering dood. Potensiële onluste is vinnig deur die owerhede in die kiem gesmoor.

Bewindsoorname[wysig]

In 1953, na die oorlog van Korea is Korea in twee gedeel, tussen Noord- en Suid-Korea. Kim Il-sung, Jong-il se pa, wat vlot Russies kon praat, is deur Joseph Stalin as leier van 'n een-party kommunistiese diktatorskap in Noord-Korea ingestel.[1] Die Sowjetunie was in daardie tyd Noord-Korea se grootste politiese, ekonomiese en militêre beskermheer. [1]

Sy pa was die eerste minister van die Demokratiese Republiek van Noord-Korea vanaf 1948 tot 1972 en die president van die Demokratiese Republiek van Noord-Korea vanaf 1972 tot met sy dood in 1994.

In 1994 word Kim Jong-il die wêreld se enigste erflike kommunistiese leier, nadat hy die leisels vanaf sy vader oorneem. Teen hierdie tyd was daar nog baie min bekend oor die nuwe leier.

Optredes as leier[wysig]

Jong-il met die Russiese President Dmitri Medwedef by sy besoek aan Rusland in Augustus 2011

Noord-Korea se swak ekonomiese prestasie het volgehou nadat Jong-il sy vader opgevolg het, alhoewel hy did in 'n mate verlig het deur 'n beroep op internasionale bystand te maak, voor alle vanaf Sjina.

Hy het ook Sjina veskeie male besoek, en was geïnteresseerd in how kommunistiese Sjina sy sosialistiese beginsels tot 'n markekonomie kon aanpas. Na sy besoek aan Beijing en Sjanghai in 2000 en 2001, begin Noord-Korea op 'n klein skaal eksperimenteer met private entrepeneurskap.

Hy het ook begin om verhoudinge met Suid-Korea te verbeter. In Junie 2000, ontmoet hy die Suide se leier, Kim Dae-jung, vir die eerste inter-Koreaanse byeenkoms sedert die Koreaanse oorlog in 1953 wat die land in twee gesplit het. Die byeenkoms se hoof prestasie was om bande tussen die twee state te verbeter, insluitend die hereniging van families wat sedert die oorlog verdeel was. Meer as 'n miljoen Koreane in hierdeur geaffekteer.

Persoonlikheid[wysig]

Diegene wat hom ontmoet het, het opgemerk dat hy goed ingelig was en daar word beweer dat hy internasionale gebeure naarstiglik gevolg het.

Sommiges het hom as 'n slim manipuleerder beskou, wat bereid was om risikos te neem om sy regime te ondersteun.

Film entoesias[wysig]

Jong-il se liefde vir films en bioskope het gegrens aan obsessief. Hy het na bewering 'n versameling van 20 000 Hollywood films opgegaar en selfs 'n boek oor die filmbedryf geskryf.

Hy het ook blykbaar die staat se film maatskappy telkemale besoek en 'n patriotiese dokumentêrfilm oor Noord-Koreaanse geskiedenis vervaardig wat uit 100 hoofstukke bestaan het.

In 1978, het hy 'n Suid-Koreanse regissieur en sy vrou ontvoer, en gevra dat hulle vir hom films vervaardig (sien Vroeëre lewe).

'n Liefde vir buitensporige luukshede[wysig]

Die Suid-Koreaanse media het hom as 'n ydele man geskets, wat platform-skoene gedra het om homself langer te laat vertoon.

Anekdotiese bewyse suggereer dat hy nie onnosel was soos sy suidelike bure hom wou laat voorkom nie, alhoewel sy klaarblyklike liefde vir spys en drank waarskynlik wel waar was.

Konstantin Pulikovsky, 'n Russiese afgesant met wie Mr Kim Rusland per trein deurkruis het, het gerapporteer dat die Noord-Koreaanse leier elke dag lewendige Krewe na die trein laat invlieg het, wat hy dan met silwer eetstokkies geëet het.

Gedurende sy 2010 byeenkoms met die dan Suid-Koreaanse President Kim Dae-jung, het hy volgens waarnemers 10 glase wyn gedrink, terwyl sy liefde vir Hennesy VSOP cognac welbekend was.

Kritiek[wysig]

Jong-il is gekritiseer vir sy flagrante menseregte skendings en dat hy die stabiliteit van die streek in gedrang gestel het deur sy langafstand missiel lanserings en sy kernwapenprogram.

Daar word beweer dat hy persoonlik die afskiet van 'n Suid-Koreaanse passasiersvliegtuig in 1987 beveel het.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 (en) The secret history of Kim Jong-il Geraadpleeg op 20 Desember 2011

Bronne[wysig]