Leonard Cohen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Leonard Cohen
Leonard Cohen, 1988 01.jpg
Leonard Cohen in 1988
Geboortenaam Leonard Norman Cohen
Geboorte (1934-09-21)21 September 1934
Montreal, Quebec, Kanada
Afsterwe 7 November 2016 (op 82)
Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State
Beroep(e) Sanger, liedjieskrywer, musikant, digter, romanskrywer, skilder
Genre(s) Folk, folk rock, rock, spoken word-digkuns
Instrument(e) Stem, kitaar, klavier, klawerbord, sintetiseerder
Aktiewe jare 1956–2016
Etikette Columbia
Webwerf leonardcohen.com
Assosiasies Sharon Robinson, Jennifer Warnes, Anjani Thomas, Judy Collins
Portal.svg Musiekportaal

Leonard Norman Cohen (1934–2016)[1] was 'n Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer wat in wat in die 1960’s gewild geword het. Hy het ’n baie lae sangstem gehad en sy vroeë liedjies is bekend vir hulle hartseer, neerslagtige toon.[2]

Cohen het sy grootste suksesse in die 1960's behaal, maar word naas Bob Dylan en Paul Simon as een van die groot musikale kunstenaars van dié periode beskou wat ook in die 21ste eeu gehore met sy unieke diep stem en melancholiese sangstyl vermaak het. Sy werk behandel dikwels godsdiens, seksualiteit en verhoudings tussen mense. Onder sy bekendste liedjies tel "Suzanne" (1968) en "I’m Your Man" (1988). Met sy lirieke het hy vir meer as vyftig jaar lank 'n beslissende invloed op ander musikale kunstenaars en skrywers uitgeoefen.

Leonard Cohen is deur die Amerikaanse Rock and Roll Hall of Fame asook die Kanadese Music Hall of Fame en Songwriters Hall of Fame vereer. Die sanger het daarnaas die hoogste burgerlike toekenning in Kanada, die Ordre du Canada/Order of Canada ontvang.

Biografie[wysig | wysig bron]

Cohen is op 21 September 1934 in Westmount, 'n Engelssprekende voorstad van Montreal, Quebec, in 'n Joodse middelklasgesin gebore. Sy ma, Marsha (Masha) Klonitsky, was die dogter van 'n Talmoediese skrywer van Litaus-Joodse afkoms, Rabbi Solomon Klonitsky. Sy oupa aan vaderskant, wat saam met sy gesin uit Pole na Kanada geïmmigreer het, was die stigterspresident van die Kanadese Joodse Kongres.

Sy pa, Nathan Cohen, die eienaar van 'n betreklik groot klerebesigheid, is oorlede toe Cohen nege jaar oud was. Die Cohens was aanhangers van Ortodokse Judaïsme, 'n stroming binne die Joodse godsdiens waarin tradisie en 'n streng onderhouding van die Wet van Moses sentraal staan, en lede van die Shaar Hashomayim-kongregasie, 'n Joodse Asjkenasi-gemeente in Westmount waarmee Cohen gedurende sy gehele lewe bande gehandhaaf het.[3]

Hy is op 7 November 2016 in Los Angeles in die Verenigde State oorlede.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]