7 November
Voorkoms
<< | November 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | ||
Al die dae |
7 November is die 311de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (312de in skrikkeljare). Daar volg nog 54 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 680 – Begin van die sesde ekumeniese raad van Konstantinopel, ook bekend as die Derde Konsilie van Konstantinopel.
- 1150 – Pous Eugenius III keer terug na Rome.
- 1511 – Franse biskoppe saam met keiser Maximiliaan kies kardinaal Bernardino Lopez de Carvajal asTeenpous Martinus IV.
- 1533 – In sy laaste konsistorie stel Pous Clemens VII vier nuwe kardinale aan waaronder Odet de Coligny de Châtillon, wat later ge-ekskommunikeer word omdat hy 'n Calvinis geword het.
- 1689 – Pous Alexander VIII stel sy 22-jarige neef Pietro Ottoboni aan as kardinaal.
- 1917 – Bolsjevistiese leier Wladimir Lenin lei 'n staatsgreep teen die Russiese tussentydse regering van Alexander Kerensky en begin daarmee die Oktober-revolusie.
- 1940 – Die middelste deel van die Tacoma Narrowsbrug in Tacoma, Washington deelstaat, stort ineen tydens 'n windstorm.
- 1962 – In Suid-Afrika word Nelson Mandela skuldig bevind en tot 5 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagtes van "aanhitsing" en verlaat van die land sonder geldige reisdokumente.
- 1987 – Zine El Abidine Ben Ali sit Habib Bourguiba af om President van Tunisië te word.
- 1996 – NASA lanseer die Mars Global Surveyor.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 630 – Constans II, keiser van die Bisantynse Ryk († 668).
- 1728 – James Cook, Britse ontdekkingsreisiger († 1779).
- 1867 – Marie Curie, Poolse wetenskaplike en ontvanger van die Nobelprys vir Chemie, 1911 en Fisika, 1903 († 1934).
- 1879 – Leon Trotsky, Russiese leier († 1940).
- 1908 – Frank Waring, Suid-Afrikaanse politikus († 2000).
- 1917 – Albert Camus, Franse skrywer en filosoof († 1960).
- 1917 – Helen Suzman, Volksraadslid van die Verenigde Party, Progressiewe Party, Progressiewe Reformisteparty, Progressiewe Federale Party en Demokratiese Party († 2009).
- 1918 – Billy Graham, Amerikaanse evangelis († 2018).
- 1923 – Morkel van Tonder, Afrikaanse radio-omroeper († 2013).
- 1926 – Joan Sutherland, Australiese sopraan († 2010).
- 1934 – Wille Martin, Afrikaanse skryfster († 2016).
- 1943 – Khalifa Haftar Libiese krygsheer.
- 1983 – Adam DeVine, Amerikaanse akteur.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1869 – Ds. Gottlieb Wilhelm Anthonie van der Lingen, stigter van die Paarlse Gimnasium (* 1804).
- 1962 – Eleanor Roosevelt, politikus, menseregteaktivis en Eerste Dame van die Verenigde State. (* 1884).
- 1980 – Steve McQueen, Amerikaanse rolprentakteur en -regisseur (* 1930).
- 1992 – Alexander Dubček, Slowaakse politikus (* 1921).
- 2004 – Howard Keel, Amerikaanse akteur, sanger (* 1919).
- 2016 – Leonard Cohen, Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer (* 1934).
- 2016 – Samuel Sitta, Tanzaniese politikus (* 1942).
- 2017 – Tommie Meyer, rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1928).
- 2021 – Dean Stockwell, Amerikaanse akteur (* 1936).
- 2021 – Bas van der Vlies, Nederlandse politikus (* 1942).
- 2023 – Frank Borman, Amerikaanse Apollo-ruimtevaarder (* 1928).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 7 November. |