Moordvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Moordvis[1]
Grootte in vergelyking met ’n gemiddelde mens
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Cetacea
Suborde: Odontoceti
Familie: Delphinidae
Genus: Orcinus
Fitzinger, 1860
Spesie: O. orca
Binomiale naam
Orcinus orca
(Linnaeus, 1758
Verspreiding (in blou)
Verspreiding (in blou)
Sinonieme

Orca gladiator

Die Moordvis (Orcinus orca), ook bekend as die orkawalvis of orka en soms ook as swartvis, is ’n tandwalvis in die dolfynfamilie. Moordvisse kom in alle oseane voor, van die ysige Arktiese en Antarktiese streke tot by tropiese seë. Hoewel individuele skole dikwels spesialiseer in spesifieke prooivisse, het moordvisse ’n uiteenlopende dieet. Sommige eet slegs vis terwyl ander seesoogdiere soos seeleeus, robbe, walrusse en selfs groot walvisse jag. Moordvisse word beskou as toproofdier in dat daar niks is waardeur hulle gejag word nie.

Moordvisse is hoogs sosiale diere; sommige skole is saamgestel uit matriliniêre gesinsgroepe wat die stabielste van enige dierespesie is.[2] Hulle ingewikkelde jagtegnieke en vokale gedrag, wat dikwels spesifiek is tot ’n sekere skool en oor generasies oorgedra word, is beskryf as verskyningsvorme van kultuur.[3]

Die IUBN beskou tans die orkas se bewaringstatus as data-gebrekkig as gevolg van die feit dat twee of meer moordvistipes afsonderlike spesies kan wees. Sommige skole word as bedreig beskou as gevolg van die uitputting van prooi, verlies aan habitat, besoedeling (deur PCB’s, gevangenisskap vir seesoogdierparke en botsings met visserye. Laat in 2005 is die ‘Suidelik-woonagtige” skool van moordvisse wat in die waters van Brits-Columbië en Washington woonagtig is, op die VS se lys van bedreigde spesies geplaas.

Wilde moordvisse word nie beskou as ’n bedreiging vir mense nie[4] alhoewel daar gevalle opgeteken is van waar gevange moordvisse hul hanteerders beseer of doodgemaak het.[5] Moordvisse kom sterk na vore in die mitologieë van inheemse kulture met hul reputasie wat wissel van genadelose moordenaars tot dat hulle die siele van mense is.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Mead, J.G. & Brownell Jr., R.L. 2005. Order cetacea. (In Wilson, D.E. & Reeder, D.M., eds. Mammal species of the World. 3de uitg. Johns Hopkins Universiteitspers. pp. 723-743.
  2. Ford, Ellis & Balcomb 2000, p. 12.
  3. (en) Rendell, Luke en Hal Whitehead (2001). “Culture in whales and dolphins”. Behavioral and Brain Sciences 24 (2): 309–324. DOI:10.1017/S0140525X0100396X. Besoek op 7 Maart 2010.
  4. Carwardine 2001, p. 19.
  5. (en) Footage shows killer whale attack at SeaWorld | Video”. Reuters.com. URL besoek op 9 Oktober 2013.
Bibliografie