Mopaniemot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Mopaniemot
Mopane Moth (Imbrasia belina) (6032325225).jpg
'n Mopaniemot in die Krugerwildtuin
Mopane worm on mopane tree (cropped).jpg
'n Mopaniewurm op 'n mopanieboom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
G. belina
Binomiale naam
Gonimbrasia belina
Westwood, 1849

'n Mopaniemot is 'n vlinder, Imbrasia belina, wat in Suidelike Afrika voorkom, en behoort tot die familie van Saturniidae.[1] Die larwe van hierdie mot is eetbaar in sy ruspestadium[2] en word 'n Mopaniewurm genoem.

Volksname[wysig | wysig bron]

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Imbrasia belina kom in Angola, Botswana, Kameroen, Tsjad, Demokratiese Republiek van die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Kenia, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor.[3] Dit word oor die algemeen aangetref waar mopaniebome (Colophospermum mopane) voorkom, maar is nie heeltemal beperk tot die verspreiding van hierdie bome nie.[1]

Habitat[wysig | wysig bron]

Semi-woestyn, bosveld en grasveld met 'n hoë konsentrasies van mopanieveld.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Volwasse motte het 'n vlerkspan van 120 mm. Die kleur van die vlerke wissel van bruin tot groen en bruin tot rooi. Daar is groot oranje oogkolle op die agtervlerke, omring deur swart en wit ringe, en kleiner oogkolle op die voorvlerke. Die larwes (ruspes) is groot, tot ongeveer 100 mm lank en ongeveer 10 mm in deursnee. Hulle is swart met rooierige, geel en witterige bande en het kort rooi of swart stekels wat in fyn wit hare bedek is.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Mopane worm". SANBI. Besoek op 26 April 2017.
  2. "Mopane worm utilisation and rural livelihoods in Southern Africa" (PDF). Center for International Forestry Research. Besoek op 26 April 2017.
  3. 3,0 3,1 "Gonimbrasia belina (Westwood, 1894)". African Moths. Besoek op 26 April 2017.