Morningside, Durban

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Morningside
Morningside gesien vanaf die Moses Mabhidastadion
Morningside gesien vanaf die Moses Mabhidastadion
Ligging van Morningside op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Morningside
Morningside
 Morningside se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 29°49′19″S 31°1′1″O / 29.82194°S 31.01694°O / -29.82194; 31.01694Koördinate: 29°49′19″S 31°1′1″O / 29.82194°S 31.01694°O / -29.82194; 31.01694
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Munisipaliteit eThekwini
Oppervlak[1]
 - Dorp 3,24 km²  (1,3 vk m)
Bevolking (2001)[1]
 - Dorp 13 074
 - Digtheid 4 035/km² (10 450,6/myl2)
Rasverdeling (2001)
 • Blank 55.2%
 • Indiër/Asiër 25.5%
 • Kleurling 4.2%
 • Swart 15.1%
Taal (2001)
 • Engels 82.4%
 • Zoeloe 11.0%
 • Afrikaans 2.6%
 • Xhosa 1.9%
 • Ander 1.3%
Poskode (strate) 4001
Poskode (posbusse) geen
Skakelkode(s) 031

Morningside is 'n voorstad van Durban, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit word geadministreer deur die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit en sy poskode is 4001.

Die voorstad is in 'n heropgeboude area van Durban geleë ongeveer 2 km van die kus van die Indiese Oseaan af en op die suidewal van die Umgenirivier. Die aangrensende voorstede is Puntans Hill na die weste, Essenwood aan die suidweste, Windermere aan die suide en Stamford Hill na die ooste. Dit is die naaste residensiële voorstad aan die Moses Mabhidastadion, wat voltooi is in 2009 op die Kings Park sportgronde.

Die Morningside-gebied bevat klassieke voorbeelde van groot huise in die Edwardiaanse en Victoriaanse styl met sinkdakke en wye stoepe, insluitend die staatspresidentswoning (wanneer hier tuis). Rondom Floridaweg in die voorstad se suidweste is 'n naglewegebied bestaande uit winkels, restaurante en kroeë.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 "Sub Place Morningside". Sensus 2001.