Inanda, KwaZulu-Natal
Inanda | |
---|---|
Township | |
Oorspronklike gebou van die Inanda Seminary Sekondêre Skool (links) | |
Koördinate: 29°41′S 30°56′O / 29.683°S 30.933°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Munisipaliteit | eThekwini |
Oppervlak | |
• Totaal | 26,81 km2 (10,35 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 158 619 |
• Digtheid | 5 916/km2 (15 320/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 0.2% |
• Swart mense | 99.4% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 88.6% |
• Xhosa | 4.5% |
• Engels | 2.4% |
• Ander | 4.5% |
Poskode (strate) | 4310 |
Poskode (posbusse) | 4309 |
Skakelkode | 031 |
Inanda (Zoeloe: Aangename Plek) is 'n groot woongebied 24 km wes van Durban in die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit in die KwaZulu-Natalprovinsie van Suid-Afrika.
Geografie
[wysig | wysig bron]Nabygeleë gemeenskappe sluit KwaMashu en Ntuzuma in, bykomend tot die groot stad Durban. Inanda beslaan 'n groot gebied en is onderverdeel in kleiner woonbuurte, soos Inanda Newtowns A, B en C; Inanda Glebe; Amaoti; en Emachobeni. Dube Village het iewat van 'n toeriste-aantreklikheid geword as gevolg van die ryk historiese verband met John Langibalele Dube, die eerste president van die African National Congress (ANC).
Aan die noordoostekant van Inanda is Phoenix, 'n blyplek/plaas gestig in 1904 deur Mahatma Gandhi, 'n Indiër politieke aktivis in Suid-Afrika tussen 1893 en 1914. Phoenix het gedien as basis vir sy sosiale hulpprogramme en sy bedrywighede van verset teen die ou landsregering.
Bekende boorlinge
[wysig | wysig bron]- John Langalibalele Dube (1871–1946), eerste president van die SANNC
- Pixley ka Isaka Seme (1881–1951), president van die ANC 1930–1936
- Busi Mhlongo (1947–2010), Sangeres en liedjieskryweres
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Inanda". Sensus 2011.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |