Oktoberrewolusie-eiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Oktoberrewolusie-eiland
Inheemse naam: Остров Октябрьской Революции
Nasa-Satellietbeeld van Oktoberrewolusie-eiland
Nasa-Satellietbeeld van Oktoberrewolusie-eiland
Geografie
October Revolution Island.svg
Ligging Noord-Rusland, Arktiese Oseaan
Koördinate 79°30′N 97°00′O / 79.500°N 97.000°O / 79.500; 97.000Koördinate: 79°30′N 97°00′O / 79.500°N 97.000°O / 79.500; 97.000
Argipel Sewernaja Zemlja

Oppervlakte 14 170 vk km
Hoogste punt Berg Karpinsky 963 m
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Federale distrik Siberiese
Krai Flag of Krasnoyarsk Krai.svg Krasnojarsk

Demografie
Bevolking 0

Die wêreld se 59ste grootste eiland en die vyfde grootste eiland van Rusland

Oktoberrewolusie-eiland (Russies: Остров Октябрьской Революции), die wêreld se 59ste grootste eiland en die vyfde grootste eiland van Rusland na Sachalin, Sewerni-eiland, Joezjni-eiland en Kotelni-eiland, beslaan 'n oppervlakte van 14 170 km². Die eiland is in die noorde van Rusland in die Arktiese Oseaan geleë en behoort administratief aan die Krasnojarsk-krai van die Siberiese Federale Distrik. Oktoberrewolusie-eiland grens in die weste aan die Karasee en in die ooste aan die Laptefsee. Oktoberrewolusie-eiland is die grootste eiland van Sewernaja Zemlja en lê in die middel van dié eilandgroep, met Komsomoletseiland teen noorde en Bolsjewik-eiland teen suide. Verder suid is die Siberiese vasteland geleë. Oktoberrewolusie-eiland is onbewoon en amper half met ys bedek; die res word deur toendra oorheers.

Die Russiese vlag word in 1913 op die eiland gehys

Die eiland is in 1913 deur Boris Wilkizki ontdek en Swjataja Alexandra (Russies: Святая Александра; letterlik: "Sint Aleksandra"), na 'n heilige van die Russies-Ortodokse Kerk, genoem. In 1926 is dit egter, op besluit van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie (KPSU), na die Oktoberrewolusie van 1917 genoem. In 2007 het 'n poging om weer na die ou naam terug te keer by die plaaslike parlement van die Krasnojarsk-krai misluk.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Депутаты ЗС Красноярского края против переименования островов архипелага Северная Земля" (in Russies). Regnum. 24 Mei 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2014. Besoek op 2 Mei 2020.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]