Pella

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pella
Katedraal van Pella
Katedraal van Pella
Ligging van Pella op 'n kaart (Noord-Kaap)
Pella
Pella
 Pella se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 29°2′0″S 19°9′0″O / 29.03333°S 19.15000°O / -29.03333; 19.15000Koördinate: 29°2′0″S 19°9′0″O / 29.03333°S 19.15000°O / -29.03333; 19.15000
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik Namakwa
Munisipaliteit Khâi-Ma
Stigting 1814
Oppervlak[1]
 - Dorp 477,83 km²  (184,5 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 2 470
 - Digtheid 5/km² (12,9/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Swart 2.8%
 • Kleurling 96.1%
 • Indiër/Asiër 0.2%
 • Blank 0.4%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 97.5%
 • Ander 2.5%
Poskode (straat) 8891
Poskode (posbus) 8891
Skakelkode(s) 054

Pella is 'n dorp en sendingpos noordwes van Pofadder in die provinsie Noord-Kaap (Suid-Afrika). Die dorp is omstreeks 1814 as 'n sendingpos van die Londense Sendinggenootskap gestig, toe Christelike Khoisan hulle in die gebied gevestig het. Die dorp se naam is afgelei van die Palestynse dorp Pella, 'n antieke toevlugsoord van Christene tydens die vervolging deur Romeinse owerhede. Pella is later deur die Rynse Sendinggenootskap en in 1875 uiteindelik deur die Rooms-Katolieke Kerk oorgeneem.

Die kerk op Pella is deur Franse sendelinge opgerig, en hulle het ook die eerste dadelboord aangelê. Vandag staan Pella bekend vir sy dadels van hoë gehalte, terwyl sy omgewing met 'n verskeidenheid geologiese formasies spog. Halfedelstene is volop in die gebied.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Pella”. Sensus 2011.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]