Peters-witkolvrugtevlermuis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Peters-witkolvrugtevlermuis
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Chiroptera
Familie: Pteropodidae
Genus: Epomophorus
Spesie: E. gambianus
Binomiale naam
Epomophorus gambianus
(Ogilby, 1835)

Die Peters-witkolvrugtevlermuis (Epomophorus gambianus crypturus) kom voor in die kusgebiede van KwaZulu-Natal, die Krugerwildtuin, Zimbabwe en die Okavango Delta. Die vlermuis staan ook bekend as die Gambiese witkolvlermuis.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die soogdier se kleur wissel van bruin tot amper wit. By die basis van die ore is dit wit en die mannetjies het wit epoulette op die skouers. Die diertjie word tot 12 – 15 cm lank en weeg 80 – 140 g.

Habitat en gewoontes[wysig | wysig bron]

Hulle verkies rivierbos en ander bosse met vrugtedraende bome. Hulle eet sagte-vrugte soos wildevye en jakkalsbessies. Die mannetjie se eentonige "pieng"-geluide kan snags gehoor word. Daar word 1 kleintjie vroeg in die somer gebore.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]