R566 (Suid-Afrika)
Voorkoms
Streeksroete R566 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Wespunt | R512 3km suid van Brits | |||
R511 M17 M20 R80 N4 M35 | ||||
Oospunt | R101 by Onderstepoort | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Ga-Rankuwa Rosslyn | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die R566 is 'n streeksroete wat net suid van Brits in Noordwes begin en in Onderstepoort, Gauteng eindig. Die roete begin waar dit aftak van die R512-streeksroete 3 km suid van Brits en oos gaan. Dit kruis die R511 in die suide van Brits en gaan in die suidekant van Ga-Rankuwa en die noorde van die M17-motorweg verby. Dit gaan deur Rosslyn en kruis die M20-motorweg en die R80-provinsiale pad kort na mekaar. Daarna kruis dit die N4-nasionale pad en gaan verby die M35 en sluit aan by die R101 in Onderstepoort.