Rooistreep-akkedisvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Rooistreep-akkedisvis
Synodus variegatus1.JPG
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superclass:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. variegatus
Binomiale naam
Synodus variegatus
(Lacépède, 1803)
Sinonieme

Synodus englemani
L. P. Schultz, 1953

Die Rooistreep-akkedisvis (Synodus variegatus) is 'n vis wat aan die ooskus van Afrika voorkom vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Redband lizardfish.

'n Bont-akkedisvis in die Rooisee.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis het twee kleurskemas; eers is hulle bruin met 'n breë donkerbruin band wat strek van die kop tot by die stert. Dié band sny deur dun vertikale donkerbruin strepe en vlekke. Die tweede fase is die rooifase; nou is daar 'n rooi band onder die sylyn wat deur vertikale rooi strepe en vlekke gaan. Die stertvin is gevurk met rooibruin kolletjies op. Die vis word tot 33 cm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in sanderige of rotsagtige bodems in water wat 5–60 m diep is waar hulle dikwels as pare saam gesien word. Die vis is goed gekamoefleer en sit geduldig en wag vir sy prooi. Dit kan in akwariums aangehou word maar nie saam met kleiner vis nie.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]