Tswana

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Setswana)
Jump to navigation Jump to search
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tswanas.
Tswana
Setswana
Gepraat in: Vlag van Botswana Botswana
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Vlag van Namibië Namibië 
Gebied: Suider-Afrika
Totale sprekers: 4,1 miljoen in Suid-Afrika (moedertaal, 2011)
1,1 miljoen in Botswana (moedertaal, 1993)[1]
7,7 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2]
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoïed
     Suidelike Bantoïed
      Bantoetale
       Suidelike Bantoetale
        Sotho
         Tswana 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Botswana Botswana
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Vlag van Namibië Namibië (nasionale taal)
Gereguleer deur: Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
Taalkodes
ISO 639-1: tn
ISO 639-2: tsn
ISO 639-3: tsn

Die taal Tswana (Setswana in Tswana) is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika en 'n amptelike taal van Zimbabwe. Dit word deur ongeveer 4,1 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus), hoofsaaklik Tswanas. Tswana vorm deel van die Sotho-taalfamilie (saam met Noord-Sotho en Suid-Sotho).

Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Tswanataliges in 2011:
██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60%
██ 60–80% ██ 80–100%

Geografiese verspreiding van Tswana in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011:
██ <1 /km² ██ 1–3 /km² ██ 3–10 /km² ██ 10–30 /km² ██ 30–100 /km²
██ 100–300 /km² ██ 300–1000 /km² ██ 1000–3000 /km² ██ >3000 /km²

Botswana het sowat 1 070 000 Tswana-sprekers. In 'n mindere mate word die taal ook in Zimbabwe (29 400) en Namibië (12 300) gepraat. In Namibië word Tswana as 'n nasionale taal erken.

Woorde[wysig | wysig bron]

Algemene woorde en frases:

Afrikaans Tswana
Welkom Kamogelo (naamwoord) / Amogela (werkwoord)
Dankie Ke a leboga
Goeiedag / Hallo Dumela (enkelvoud) / Dumelang (meervoud)
Totsiens Sala sentle (bly wel) / Tsamaya sentle (gaan wel)
Rook verbode Ga go tsubiwe
Geen ingang Ga go tsenwe
Pasop vir die trap Tlhokomela fa o gatang teng
Pasop! Ela tlhoko
Veels geluk met jou verjaarsdag Masego a Letsatsi la Matsalo
Seisoengroete Ditumediso tsa setlha
Geseënde Kersfees Masego a Keresemose
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar Masego a Keresemose le Boitumelo mo Ngwageng o Mošwa

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tswana". Ethnologue. Besoek op 11 September 2016. 
  2. (en) Webb, Vic. 2002. "Language in South Africa: the role of language in national transformation, reconstruction and development." Impact: Studies in language and society, 14:78

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Tswana

Taalhulpmiddels[wysig | wysig bron]

Sagteware in Tswana[wysig | wysig bron]