Susilo Bambang Yudhoyono

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Susilo Bambang Yudhoyono
Susilo Bambang Yudhoyono

President van Indonesië
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
20 Oktober 2004
Vise Jusuf Kalla
Boediono
Voorafgegaan deur Megawati Sukarnoputri

Voorsitter van die Demokratiese Party
Ampsbekleër
Amp betree
23 Februarie 2013
Voorafgegaan deur Anas Urbaningrum

Minister van Koördinering van die Politiek, Sosiale en Sekuriteit
Ampstermyn
27 Augustus 2000 – 1 Junie 2001
President Abdurrahman Wahid
Voorafgegaan deur Soejardi Soedirja
Opgevolg deur Agum Gumelar
Ampstermyn
9 Augustus 2001 – 1 Junie 2004
President Megawati Sukarnoputri
Voorafgegaan deur Agum Gumelar
Opgevolg deur Hari Sabarno

Minister van Myne en Energie
Ampstermyn
23 Oktober 1999 – 26 Augustus 2000
President Abdurrahman Wahid
Voorafgegaan deur Kuntoro Mangkusubroto
Opgevolg deur Purnomo Yusgiantoro

Persoonlike besonderhede
Gebore 9 September 1949 (1949-09-09) (64 jaar oud)
Pacitan, Oos-Java, Indonesië
Politieke party Demokratiese Party
Eggenoot/eggenote Kristiani Herawati (sedert 1976)
Kind(ers) 2
Alma Mater Magelang Military Academy
United States Army Airborne School
Ranger School
United States Army Infantry School
United States Army Command and General Staff College
Webster University
Bogor Agricultural Institute
Religie Islam
Handtekening Susilo Bambang Yudhoyono signature.svg
Lojaliteit Vlag van Indonesië Indonesië
Diens/Tak Indonesiese Nasionale Weermag
Jare in diens 1973–2000
Rang General
Toekennings Adhi Makayasa (1973)

Susilo Bambang Yudhoyono (gebore 9 September 1949) is die sesde president van Indonesië. Hy is die eerste regstreeks gekose president van Indonesië. In die verkiesing van 2004 verslaan hy die vorige president Megawati Soekarnoputri.

Indonesiërs het nie familiename soos in die Weste gebruiklik is nie. Susilo Bambang Yudhoyono is bekend onder verskillende name: tydens sy tyd as generaal in die leër was hy bekend as Yudhoyono. In die media word hy ook Susilo genoem en in Indonesië is hy bekend as SBY ("EsBeeJee").

Yudhoyono is gebore in Pacitan, Oos-Java en is die seun van 'n offisier in die leër. Hy studeer af aan die Indonesiese Militêre Akademie in 1973 en trou met die dogter van 'n ander leëroffisier. In 1975 neem hy deel aan die Indonesiese inval van Oos-Timor en dien daar vir 'n geruime tyd.

Onder Abdurrahman Wahid word Yudhoyono in 2000 benoem tot Minister van Mynwese. Hy is gou bevorder en gou beklee hy die sleutelposisie van Minister van Veiligheid en Politieke sake. Een van sy take was om die leër uit die politiek te kry. Gegewe Wahid se slegte gesondheid is Yudhoyono as die leidende figuur in die Wahid-regering gesien.

Yudhoyono word byna onmiddellik in sy ou funksie deur die nuwe president, Megawati Soekarnoputri herbenoem. Na die bom op Bali in Oktober 2002 lei hy die vervolging en die arrestasies van die (vermoedelike) verantwoordelikes. Hy kry binne sowel as buite Indonesië 'n reputasie as één van die weinige Indonesiese politici wat die oorlog teen terrorisme ernstig opneem.