Swartrug-vlindervis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Swartrug-vlindervis
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Chaetodontidae
Genus: Chaetodon
Spesie: C. melannotus
Binomiale naam
Chaetodon melannotus
Bloch & Schneider, 1801

Die Swartrug-vlindervis (Chaetodon melannotus) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Blackback butterflyfish.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 15cm lank. Dit het 'n wit lyf wat bedek is met 'n reeks swart, nou diagonale strepe. Die snoet en vinne is geel. Daar is ook 'n swart streep oor die oog. Net bo die analevin is 'n swart kol en daar is ook 'n swart vlek op die basis van die stertvin. Die onvolwasse vis lyk net soos die volwasse vis.

Die vis leef in koraal-ryke areas van strandmere, plat riwwe en aflandige riwwe in water wat 2 tot 20m diep is. Hulle is alleenlopers maar kom ook in pare voor. Die visse vreet klein ongewerweldes, alge en sagte en harde korale. Gedurende die nag verander die vis se kleure; die rugkant word donkerder met wit vlekke.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3