Toepolef Tu-22

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Toepolef Tu-22
TU-22 Blinder.JPG
Tu-22 by die Monino Russiese Federasie Lugmag Museum
Tipe Bomwerper
Vervaardiger Toepolef
Nooiensvlug 7 September 1959
Bekendstelling 1962
Onttrek Vroeg 2000
Hoofgebruiker Russiese Lugmag
Vervaardig 1960–1969
Aantal gebou 311
Weergawes Toepolef Tu-22M

Die Toepolef Tu-22 was die eerste supersoniese bomwerper van die Sowjetunie. Die vliegtuig se ontstaan kan nagespoor word na 'n 1955 studie om 'n supersoniese bomwerper te produseer wat verdedigingslinies teen hoë hoogtes en met hoë spoed kan deurdring om kernwapens te kan afvuur. Die prototipe het sy nooiensvlug op September 1959 voltooi. Dit het die Sowjetunie se eerste suksesvolle supersoniese bomwerper geword. Die Weste het eers in 1961 bewus geword van die Tu-22 toe tien vliegtuie 'n publieke verbyvlug voltooi het. Die Weste het die vliegtuig die Blinder genoem.

Die Tu-22 dra 'n bemanning van drie: vlieënier, navigator en radio operateur/skutter. Die ontwerp was uniek in die sin dat die twee motors by die basis van die stertvin geinstalleer was. Daar is ook 'n 23 mm kanon in die stert geïnstalleer vir verdediging, dit was deur radar beheer. Daar was ongeveer 300 Tu-22's gebou vanaf 1960 tot 1969. Die eerste model was die Tu-22A wat vryvallende kernbomme kon dra. Die Tu-22B kon AS-4 begeleide missiele dra en daar was 'n radar gidsstelsel onder die neus geinstalleer om dit te kon bewerkstellig. Die Tu-22R was 'n verkenningsvliegtuig met ses vensters in die bomrak waar die driepare langstrek kameras geinstalleer is. Die Tu-22P was 'n opleidingsvliegtuig met die instrukteur in 'n aparte verhoogde kajuit. Die Tu-22P was toegerus met 'n elektroniese teenmaatreëls stelsel. Toe die Tu-22 verouderd begin raak is elektroniese stoortoerusting in hulle geinstalleer.

Operasionele diens[wysig | wysig bron]

Die vliegtuig was ook gebruik deur die lugmagte van Oekraïne, Libië en Irak. Dit was gebruik in die inval van Afghanistan asook die Irak-Iranoorlog. Irak het die vliegtuie teen die Koerdiese rebelle gebruik in die 1980's terwyl Libië syne teen Tsjad en Soedan gebruik het.

Die Tu-22 het die Tu-16 vervang maar dit was nie 'n wesenlike verbetering nie. Daar was ook nie 'n groot aantal van die Tu-22 gebou nie weens betroubaarheids probleme. Toepolef wou die vliegtuig se ontwerp verbeter om beter werkverrigting te verseker en nadat 'n studie gedoen was is die Toepolef Tu-22M ontwerp.

Bron[wysig | wysig bron]