Witonderbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Trichocladus ellipticus)
Jump to navigation Jump to search

Witonderbos
Trichocladus ellipticus B.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
T. ellipticus
Binomiale naam
Trichocladus ellipticus
Eckl. & Zeyh., 1837

Die witonderbos (Trichocladus ellipticus) is 'n klouterplant of klein boom. In Engels staan dit as die white witch-hazel bekend.[1]

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Dit word in moerassige woudgebiede vanaf Mosselbaai tot in die noorde van KwaZulu-Natal, in die Drakensberge van Mpumalanga en die oostelike hooglande van Zimbabwe aangetref. In Suid-Afrika kom die ondersoort T.e. ellipticus voor. Dit is endemies aan Suid-Afrika en op die SANBI-rooilys word dit as veilig gelys.[2]

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Hout: Wit, hard en taai, dikwels met 'n swart kern.[1]

Bas: Jong stamme, takkies en stingels is bedek deur fluweelagtige bruin hare, maar word volwasse tot 'n haarlose grysbruin kleur.[1]

Blare: Die blare is beide alternatief en spiraal gerangskik, ellipties tot lansetvormig, met 'n skerp punt en 'n effens meer geronde basis. Volwasse blare is donker, blinkgroen aan die bokant en ligter onder met digte, verroeste roomkleurige hare. Dit is gewoonlik 7 cm lank, maar kan wissel van 5 cm tot 15 cm in lengte, en 2,5 – 7,5 cm breed. Die blaarsteel is 0,5 – 2 cm lank.[1]

Blomme: Wissel in kleur van 'n gelerige groen tot roomkleurig. Die puntige, gegaafde okselstandige of terminale koppe is ongeveer 2 cm in deursnee, en lyk baie soos die Hamamelis s'n in vorm. Manlike en vroulike dele word op aparte blomme gedra, óf op dieselfde of verskillende eksemplare (kan óf eenhuisig of tweehuisig wees). Die plant blom van September tot Desember.

Vrugte: Klein, sag, amper sferiese 5x6cm kapsules wat verdeel in twee kleppe, wat elkeen in homself verdeel. Vrugte word tussen Desember en Februarie gedra.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Coates-Palgrave, Keith: "Trees of Southern Africa", edn 3, imp. 4. Random House Struik. Kaapstad. 2002. ISBN 978-1-86872-389-8. pp 243, 244
  2. SANBI.

Bronne[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.