Gaan na inhoud

Twintig20

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Twintig20-wedstryd tussen Engeland en Sri Lanka in volle swang. Twintig20-wedstryde word as gevolg van die korte duur daarvan dikwels in die aand en dus met 'n wit bal gespeel
'n Indiese Premierligawedstryd op die Chepaukstadion tussen Chennai Super Kings en Kolkata Knight Riders
Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s in Londen
Perth Scorchers teen Hobart Hurricanes by die WACA tydens die BBL 01 (2011)

Twintig20 (afgekort T20) is 'n vorm van krieket waar twee spanne elk 20 boulbeurte kry om vinnig soveel lopies moontlik te slaan. Dit is 'n relatief nuwe vorm van krieket en 'n wedstryd neem gewoonlik nie langer as drie ure nie. Twintig20 is in 2003 in Engeland bekendgestel. Die doel van die korter formaat is om krieket aantrekliker vir televisiekykers te maak.

Sedert 2005 word Twintig20-wedstryde in internasionale verband gespeel (T20I). Sedert 2007 word daar ook in die T20I-wêreldbeker aangebied, sedert 2009 ook vir vroue. Die mees onlangse T20I-wêreldbeker 2024 is in die Verenigde State en Wes-Indië aangebied en deur Indië gewen.

Plaaslik

[wysig | wysig bron]

Dit is 'n lys van die huidige Twenty20-binnelandse kompetisies in verskeie van die voorste krieketlande.

Nasie Plaaslike kompetisie Aantal spanne
Vlag van Afghanistan Afghanistan Afghanistan Premierliga, Shpageeza Krieketliga 5, 6
Vlag van Australië Australië Big Bash League 8
Vlag van Bangladesj Bangladesj Bangladesj Premierliga 8
Vlag van Engeland Engeland T20 Blast 18
Vlag van Hongkong Hongkong Hongkong T20 Blitz 5
Flag of Ireland Ierland Inter-provinsiale trofee 4
Vlag van Indië Indië Indiese Premierliga, Saurashtra Premierliga, Syed Mushtaq Ali-trofee 10, 5, 38
Vlag van Kanada Kanada Globale T20 Kanada 6
Vlag van Nederland Nederland Nederlandse Twintig20-beker 16
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Super Smash 6
Vlag van Nepal Nepal Everest Premierliga, Dhangadhi Premierliga, Pokhara Premierliga 6, 6, 6
Vlag van Pakistan Pakistan Pakistanse Superliga, Nasionale T20-beker Kashmir Premierliga 6, 6, 8
Vlag van Skotland Skotland Murgitroyd Twintig20, Regional Pro Series 4, 3
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka Sri Lanka Premierliga, Premier Twintig20 6, 24
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Mzansi Superliga, CSA Provinsiale T20 Cup, SA20 6, 15, 6
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Major League Cricket 6
Flag of West Indies Wes-Indië Karibbiese Premierliga 6
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe Stanbic Bank 20 Series 4

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Twintig20.
  • (en) "Twenty20 cricket". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 November 2022.