T20I-wêreldbeker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
T20I-wêreldbeker
T20I-wêreldbeker 2022
Sportsoort T20I-krieket
Gestig 2007
Eienaar Internasionale Krieketraad
Inougurele seisoen T20I-wêreldbeker 2007
Deelnemende lande wêreldwyd
Aantal spanne 16 (nou)
20 (vanaf 2024)[1]
Mees onlangse kampioen Vlag van Australië Australië (2021)
Verwante kompetisies Kampioentrofee, Krieketwêreldbeker, o/19-krieketwêreldbeker

Die T20I-wêreldbeker (Engels: ICC T20 World Cup) is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die twee jaar gehou word om die T20I-krieketwêreldkampioen te bepaal. Dié toernooi is die tweede belangrikste en tweede bekendste in internasionale krieket net ná die Krieketwêreldbeker in EDIs en word deur die Internasionale Krieketraad georganiseer.

Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s in Londen

Tot op hede is sewe toernooie uitgespeel en net Wes-Indië het dié toernooi twee keer gewen. Die eerste T20I-wêreldbeker 2007 in Suid-Afrika is gewen deur Indië, nadat hulle Pakistan in die eindstryd op Wanderers in Johannesburg verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2009 in Engeland is gewen deur die vorige naaswenner Pakistan wat Sri Lanka in die eindstryd op Lord’s geklop het. Die T20I-wêreldbeker 2010 in die lande van Wes-Indië is gewen deur Engeland, nadat hulle in die eindstryd op Barbados se Kensington-ovaal Australië geklop en sodoende hul eerste internasionale titel ingepalm het. Die T20I-wêreldbeker 2012 was die eerste in Asië met al die wedstryde wat in Sri Lanka aangebied is. Wes-Indië het met die trofee weggestap nadat hulle die gasheer in die eindstryd verslaan en sodoende hul eerste titel sedert die Kampioentrofee 2004 ingepalm.[2] Die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj is gewen deur Sri Lanka, nadat hulle die eerste span geword het om in drie eindstryde te verskyn en Indië verslaan het. Die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië is gewen deur Wes-Indië, nadat hulle Engeland verslaan en sodoende die eerste span geword het om om dié toernooi twee keer te wen. Australië is die huidige T20I-kampioen, nadat hulle in die T20I-wêreldbeker 2021 se eindstryd Nieu-Seeland verslaan en hul eerste T20I-titel ingepalm het.

Uitslae[wysig | wysig bron]

Jaar Gasheerland(e) Eindstrydplek Eindstryd
Wenner Uitslag Naaswenner Deelnemende lande
2007
Oorsig
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Wanderersstadion, Johannesburg,
Suid-Afrika
Vlag van Indië Indië
157/5 (20 boulbeurte)
Indië wen met vyf lopies
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
152 almal uit (19.4 boulbeurte)
12
2009
Oorsig
Vlag van Engeland Engeland Lord’s, Londen,
Verenigde Koninkryk
Vlag van Pakistan Pakistan
139/2 (18.4 boulbeurte)
Pakistan wen met agt paaltjies
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
138/6 (20 boulbeurte)
12
2010
Oorsig
Flag of West Indies Wes-Indië Kensington-ovaal, Bridgetown,
Barbados
Vlag van Engeland Engeland
148/3 (17 boulbeurte)
Engeland wen met sewe paaltjies
Telkaart
Vlag van Australië Australië
147/6 (20 boulbeurte)
12
2012
Oorsig
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka R. Premadasa-stadion, Colombo,
Sri Lanka
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
137/6 (20 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 36 lopies
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
101 almal uit (18.4 boulbeurte)
12
2014
Oorsig
Vlag van Bangladesj Bangladesj Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion, Dhaka,
Bangladesj
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
134/4 (17.5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met ses paaltjies
Telkaart
Vlag van Indië Indië
130/4 (20 boulbeurte)
16
2016
Oorsig
Vlag van Indië Indië Eden Gardens, Kolkata,
Indië
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
161/6 (19.4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met vier paaltjies
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
155/9 (20 boulbeurte)
16
2021
Oorsig
Vlag van Oman Oman
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai,
Verenigde Arabiese Emirate
Vlag van Australië Australië
173/2 (18.5 boulbeurte)
Australië wen met agt paaltjies
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
172/4 (20 boulbeurte)
16
2022
Oorsig
Vlag van Australië Australië Melbourne-krieketveld, Melbourne,
Australië
16
2024
Oorsig
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Flag of West Indies Wes-Indië
20
2026
Oorsig
Vlag van Indië Indië
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
20
2028
Oorsig
Vlag van Australië Australië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
20
2030
Oorsig
Vlag van Engeland Engeland
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Skotland Skotland
20

Statistiek[wysig | wysig bron]

Eerste rondte (VR), Gekwalifiseer (G)
Kwarteindrondte (KE), Super 6 (S6), Super 8 (S8), Super 10 (S10) of Super 12 (S12)
Halfeindrondte (HE)
Naaswenner (2)
Wenner (1)
nie 'n lid van die IKR nie
Span T20I 2007 T20I 2009 T20I 2010 T20I 2012 T20I 2014 T20I 2016 T20I 2021 T20I 2022 T20I 2024 T20I 2026 T20I 2028 T20I 2030 Deelnames
Vlag van Afghanistan Afghanistan VR VR VR S10 S12 Q 6
Vlag van Australië Australië HE VR 2 HE S10 S10 1 Q 8
Vlag van Bangladesj Bangladesj S8 VR VR VR S10 S10 S12 Q 8
Vlag van Engeland Engeland S8 S8 1 S8 S10 2 HE Q 8
Vlag van Hongkong Hongkong VR VR 2
Vlag van Ierland Ierland S8 VR VR VR VR VR 7
Vlag van Indië Indië 1 S8 S8 S8 2 HE S12 Q 8
Vlag van Kenia Kenia VR 1
Vlag van Namibië Namibië S12 Q 2
Vlag van Nederland Nederland VR S10 VR VR 4
Vlag van Nepal Nepal VR 1
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland HE S8 S8 S8 S10 HE 2 Q 8
Vlag van Oman Oman VR VR 2
Vlag van Pakistan Pakistan 2 1 HE HE S10 S10 HE Q 8
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee VR 1
Vlag van Skotland Skotland VR VR VR S12 Q 5
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka S8 2 HE 2 1 S10 S12 Q 8
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika S8 HE S8 S8 HE S10 S12 Q 8
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate VR 1
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië VR HE S8 1 HE 1 S12 Q 8
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe VR VR VR S10 VR 5
Deelnemers 12 12 12 12 16 16 16 16 20 20 20 20

Eerste deelnames[wysig | wysig bron]

Jaar Spanne
2007 Vlag van Australië Australië, Vlag van Bangladesj Bangladesj, Vlag van Engeland Engeland, Vlag van Indië Indië, Vlag van Kenia Kenia, Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland, Vlag van Pakistan Pakistan, Vlag van Skotland Skotland, Vlag van Sri Lanka Sri Lanka, Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika, Vlag van Wes-Indië Wes-Indië en Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
2009 Vlag van Ierland Ierland en Vlag van Nederland Nederland
2010 Vlag van Afghanistan Afghanistan
2012 geen
2014 Vlag van Hongkong Hongkong, Vlag van Nepal Nepal en Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
2016 Vlag van Oman Oman
2021 Vlag van Namibië Namibië, Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee
2022 N.v.t.
2024 N.v.t.
2026 N.v.t.
2028 N.v.t.
2030 N.v.t.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 24 November 2021.
  2. (en) "Samuels special the spur for epic West Indies win". Wisden India. 7 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2012. Besoek op 7 Oktober 2012.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


T20I-wêreldbeker Cricketball.svg

Suid-Afrika 2007Engeland 2009Wes-Indië 2010Sri Lanka 2012Bangladesj 2014Indië 2016Oman / Verenigde Arabiese Emirate 2021Australië 2022Verenigde State / Wes-Indië 2024Indië / Sri Lanka 2026Australië / Nieu-Seeland 2028Engeland / Ierland / Skotland 2030