Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit
| |||
Provinsie | Oos-Kaap | ||
Distriksmunisipaliteit | Joe Gqabi | ||
Tipe | Plaaslike Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | EC145 | ||
Burgemeester | Bulelwa Khweyiya (ANC) | ||
Setel | Burgersdorp | ||
Grootste tale | Xhosa, Suid-Sotho, Afrikaans | ||
Area | 13269 km² | ||
Bevolking | ~77,500 (2011) |
Die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit is 'n Plaaslike Munisipaliteit in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit het ontstaan nadat Maletswai en Gariep Plaaslike Munisipaliteite saamgesmelt het op 8 Augustus 2016.[1]
Nedersettings
[wysig | wysig bron]Nedersettings in die munisipaliteit:
- Aliwal-Noord
- Burgersdorp (setel)
- Dukathole (deel van Aliwal-Noord)
- Jamestown
- Oviston
- Steynsburg
- Venterstad
Bure
[wysig | wysig bron]Die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit se bure in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit is die Senqu Plaaslike Munisipaliteit aan die oostekant.
Ten suide in Chris Hani-distriksmunisipaliteit is Enoch Mgijima (Tarkastad/Queenstown)
Aan die Vrystaatkant is Mohokare Plaaslike Munisipaliteit in die Xhariep-distriksmunisipaliteit geleë.
Politieke verteenwoordiging
[wysig | wysig bron]Die munisipale raad bestaan uit twee-en-twintig lede wat deur gemengde-lede proporsionele verteenwoordiging verkies word. Elf raadslede word in nege wyke as algehele wenners verkies, terwyl die oorblywende elf uit partylyste gekies word, sodat die totale aantal partyverteenwoordigers eweredig is aan die aantal stemme wat ontvang is.
Tydens die verkiesing van 3 Augustus 2016 het die African National Congress (ANC) 'n meerderheid van vyftien setels in die raad verower.
Die onderstaande tabel toon die uitslag van die 2016-munisipale verkiesing in beide Maletswai en Gariep.[2][3]
Party | 2016 Stemme | Setels | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Wyk | Lys | Totaal | % | Wyk | Lys | Totaal | |
African National Congress | 13,686 | 13,805 | 27,491 | 66.9 | 10 | 5 | 15 |
Demokratiese Alliansie | 4,638 | 4,630 | 9,268 | 22.5 | 1 | 4 | 5 |
Ekonomiese Vryheidsvegters | 1,158 | 1,173 | 2,331 | 5.7 | 0 | 1 | 1 |
Maletswai Civic Association | 878 | 1,030 | 1,908 | 4.6 | 0 | 1 | 1 |
United Residents Front | 62 | – | 62 | 0.2 | 0 | 0 | 0 |
Onafhanklike kandidate | 51 | – | 51 | 0.1 | 0 | – | 0 |
Totaal | 20,473 | 20,638 | 41,111 | 100.0 | 11 | 11 | 22 |
Bedorwe stemme | 391 | 359 | 750 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "The Local Government Handbook" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2017. Besoek op 9 Augustus 2016.
- ↑ "Results Summary – All Ballots: Maletswai/Gariep" (PDF). Independent Electoral Commission. Besoek op 15 Desember 2016.
- ↑ "Seat Calculation Detail: Maletswai/Gariep" (PDF). Independent Electoral Commission. Besoek op 15 Desember 2016.