Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit
| |||
Provinsie | Oos-Kaap | ||
Tipe | Metropolitaanse Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | NMA | ||
Plaaslike munisipaliteite | Geen | ||
Hoofstad | Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) | ||
Burgemeester | Retief Odendaal (DA) | ||
Grootste tale | Xhosa, Afrikaans, Engels | ||
Oppervlakte | 1 959 km² | ||
Bevolking | 1 152 115 (2011) |
Die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit is een van die agt metropolitaanse munisipaliteite in Suid-Afrika.
Die naam is gekies om die eertydse president Nelson Mandela te vereer, ten spyte van die feit dat daar nie 'n geografiese kenmerk in die gebied met hierdie naam is nie.
Hoofgebiede
[wysig | wysig bron]Die sensus van 2001 verdeel die munisipaliteit in die volgende gebiede:[1]
Plek | Kode | Area (km2) | Bevolking | Dominante taal |
---|---|---|---|---|
Beachview | 27501 | 0.78 | 500 | Afrikaans |
Bethelsdorp | 27502 | 77.64 | 134,617 | Afrikaans |
Blue Horizon Bay | 27503 | 2.74 | 409 | Afrikaans |
Cannonvale | 27504 | 0.69 | 196 | Afrikaans |
Colchester | 27505 | 1.28 | 743 | Afrikaans |
Despatch | 27506 | 38.75 | 25,086 | Afrikaans |
Gqeberha | 27507 | 1.90 | 16,686 | Xhosa |
Ibhayi | 27508 | 23.69 | 255,826 | Xhosa |
Kabah | 27509 | 1.68 | 3,282 | Afrikaans |
Khaya Mnandi | 27510 | 0.82 | 5,379 | Xhosa |
Kwa Langa | 27511 | 0.70 | 8,196 | Xhosa |
Kwadwesi | 27512 | 5.10 | 17,733 | Xhosa |
KwaNobuhle | 27513 | 15.34 | 87,585 | Xhosa |
Motherwell | 27514 | 29.52 | 117,319 | Xhosa |
Port Elizabeth | 27516 | 335.30 | 237,500 | Afrikaans |
Seaview | 27517 | 1.60 | 732 | Engels |
Uitenhage | 27518 | 84.77 | 71,666 | Afrikaans |
Woodridge | 27519 | 0.56 | 270 | Xhosa |
Young Park | 27520 | 0.52 | 762 | Afrikaans |
Res van die munisipaliteit | 27515 | 1,328.77 | 21,281 | Xhosa |
Munisipale verkiesings
[wysig | wysig bron]Ná die munisipale verkiesing van 2011 het die ANC 63 uit die 120 setels in die raad beheer. Die Demokratiese Alliansie was die amptelike opposisie met 48, terwyl COPE ses en die ACDP, PAC en UDM een setel elk het. In dié verkiesing het die ANC 377 138 stemme op hom verenig, vergeleke met die DA se 291 571, uit 'n totaal van 723 740. Die ANC het 34 wyke gewen en die DA 26, die enigste twee partye wat wyke kon wen.
Ná munisipale verkiesing op 3 Augustus 2016 het die Demokratiese Alliansie as die grootste party uit die stryd getree, hoewel hy met 355 471 van die 753 895 uitgebragte stemme nie 'n volstrekte meerderheid kon behaal nie. Die ANC het 311 416 stemme gekry, terwyl die EFF die derde grootste party met 38 951 stemme was. Dié uitslag het aan die DA 57 setels besorg, aan die ANC 50 en aan die EFF vyf in 'n raad met 120 setels. Drie tradisionele alliansievennote van die DA – die UDM (2), ACDP (1) en COPE (1) – kon saam sorg vir 'n totaal van 61 setels, vergeleke met die ander partye se 59. Hierdie keer kon die ANC 36 wyke wen, die DA 23 en die EFF een, nadat die ANC-kandidaat onttrek het. Athol Trollip is op 18 Augustus 2016 onbestrede as burgemeester gekies nadat die ANC nie aan die stemmery wou deelneem nie en die DA 'n ooreenkoms met die UDM en ACDP aangegaan het. Mongameli Bobani (UDM) is as onderburgemeester gekies en Jonathan Lawack (DA) as speaker. Trollip en Lawack is op 27 Augustus 2018 uit hul poste verwyder en met onderskeidelik Bobani en Buyelwa Mafaya (ANC) vervang.[2] Bobani is op 5 Desember 2019 self uit die amp verwyder, nadat hy vroeër vyf mosies van wantroue oorstaan het.[3] Op 4 Desember 2020 is Nqaba Bhanga van die Demokratiese Alliansie as nuwe burgemeester verkies.[4]
Ná die munisipale verkiesing van 2021 het die ANC en die Demokratiese Alliansie beide 48 setels beheer, en Eugene Johnson van die ANC is op 22 November 2021 as burgemeester ingehuldig.
Tydens 'n raadsvergadering op 21 September 2022, is me. Johnson uitgestem as burgemeester en opgevolg deur die DA se Retief Odendaal.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Lookup Tables – Statistics South Africa
- ↑ "Nuwe burgemeester vir Nelson Mandelabaai". Maroela Media. 27 Augustus 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 27 Augustus 2018.
- ↑ (en) "Mongameli Bobani voted out as mayor of Nelson Mandela Bay". HeraldLIVE. 5 Desember 2019. Besoek op 5 Desember 2019.
- ↑ (af) "DA neem bewind oor in Port Elisabeth". Maroela Media. 4 Desember 2020. Besoek op 6 Desember 2020.
- ↑ "JUST IN | Retief Odendaal elected as Nelson Mandela Bay mayor". HeraldLIVE (in Engels). Besoek op 22 September 2022.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Nelson Mandela Bay Metropolitan Municipality. |
- (en) Amptelike webwerf
- (en) Amptelike toerismewebwerf