Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/27 Maart
Voorkoms
- 1513 – Die Spaanse veroweraar Juan Ponce de León sien Florida vir die eerste keer terwyl hy op soek is na die Fontein van Ewigdurende Jeug in die Nuwe Wêreld.
- 1871 – Engeland en Skotland speel in die eerste internasionale rugbywedstryd; Skotland klop Engeland met 1–0.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Die Japannese spioen Takeo Yoshikawa arriveer in Honolulu, Hawaii en begin om die Amerikaanse Vloot te bestudeer by Pearl Harbor.
- 1958 – Nikita Chroesjtsjof word voorsitter van die raad van ministers van die Sowjetunie.
- 1964 – Die Goeie Vrydag-aardbewing, wat 9,2 op die Richterskaal registreer, tref Prince William-sont aan die kus van Alaska. Dit veroorsaak tsoenami's wat Kalifornië en Hawaii bereik.
- 1977 – Twee Boeing 747-vliegtuie bots by Tenerife in die Kanariese Eilande. Altesaam 583 sterf in een van die ergste lugrampe in die geskiedenis van lugvaart.