Kaapse stompneus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaapse stompneus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Sparidae
Genus: Rhabdosargus
Spesie: R. holubi
Binomiale naam
Rhabdosargus holubi

Die Kaapse stompneus (Rhabdosargus holubi) is 'n vis wat endemies is aan die Suid-Afrikaanse kus en word aangetref vanaf St. Helenabaai tot by Maputo. In Engels staan die vis bekend as die Cape stumpnose.

Voorkoms[wysig]

Die vis is silwer van kleur met 'n lemmetjie-geel lyn aan die kante van die vis. Die gemiddelde grootte van die vis is 20 cm maar kan tot 40 cm groot word en weeg dan 3.5 kg.

Habitat[wysig]

Hulle kom voor in rots areas en sanderige bodems vanaf die strand tot in water wat 50 m diep is. Die onvolwasse vissies is volop in die seegras in strandmere. Hulle skiet kuit gedurende die winter in KwaZulu-Natal en van Julie tot Februarie in die Oos-Kaap en Wes-Kaap. Dit is 'n smaaklike eetvis.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Eksterne skakel[wysig]