Katharina I van Rusland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Katharina I
Keiserin van die hele Rusland
Keiserin Katharina I
Dinastie Romanof
Bewind 1741-1762
Volle naam Katharina Aleksejewna
(Marta Skawronskaja)
Ander titels Tsarina
Gebore 15 April 1684
Gesterf 17 Mei 1727
Voorganger Pieter die Grote
Opvolger Pieter II
Gade Pieter die Grote
Kinders Anna Petrowna
Elisabeth Petrowna
Vader Samoeil Skawronski
Moeder Elisabeth Moritz

Katharina I Aleksejewna (Rengen, Estland, 15 April 1684 - Sint Petersburg, 17 Mei 1727) was van 17411762 keiserin van Rusland. Sy was die tweede vrou van tsaar Pieter die Grote.

Vroeëre lewe[wysig]

Katharina I is gebore as Marta Skawronskaja, dogter van ’n Litause boer, Samoeil Skawronski. Sy word aangeneem deur die Baltiese Duitser Ernst Glück, ’n Lutherse dominee en onderwyser in Marienburg. Op 17-jarige ouderdom trou sy met ’n Sweedse dragonder. Toe Russiese troepe die stad binneval, word sy gevange geneem.

Ná haar vrylating word sy die minnares van prins Aleksander Mensjikof, die beste vriend van Pieter die Grote. In 1703 neem Mensjikof haar gereeld saam na sy huis en so leer sy die tsaar ken.

Gou hierna word sy Pieter die Grote se minnares. In 1705 neem sy die Ortodokse geloof aan en verander haar naam in Jekaterina Aleksejewna. Sy trou (nie-amptelik vermoedelik al op 19 November 1707, maar amptelik eers op 1 Maart 1712) met die tsaar en baar vir hom elf kinders. Die meeste sterf kort ná hul geboorte. Die enigste twee wat oorleef, is Anna en Elisabeth (albei voor die amptelike huweliksdatum gebore). Elisabeth was self van 1741-1762 keiserin en Anna se afstammelinge sou ná Elisabeth regeer tot met die Russiese rewolusie van 1917.

Bewind[wysig]

In 1724 maak Pieter haar medeheerser. Die volgende jaar sterf hy sonder om ’n troonopvolger aan te wys. Hoewel sy erken word as sy opvolger, berus die ware mag in die hande van haar ou beskermheer Mensjikof en die Hoë Kroonraad.

By die volk is sy – self ’n ongeletterde vrou uit die volk – bemind, maar sy regeer nie lank nie. Sy sterf op 17 Mei 1727 op 43-jarige ouderdom. Voor haar dood het sy probeer om haar dogter Elisabeth as haar opvolger erken te kry, maar die hof besluit om die kleinseun van Pieter I as Pieter II op die troon te plaas.

Ná haar dood[wysig]

Katharina was die eerste vrou wat oor keiserlike Rusland regeer het en het so die weg gebaan vir ’n nuwe neiging in die land se geskiedenis. Gedurende feitlik die hele 18de eeu is Rusland deur vroue regeer, onder andere Anna, Elisabeth en Katharina II. Almal het op Pieter die Grote se regeringstyl voortgebou en elk het op haar eie manier probeer om Rusland te moderniseer.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]


Tsare en keisers van Rusland
Tsare Iwan IV (Iwan die Verskriklike)Fjodor IBoris GodoenofFjodor IIVals Dmitri IVals Dmitri IIWasili IVMichailAlekseiFjodor IIISofia Aleksejewna (regent) • Iwan V saam met Pieter I
Keisers Pieter I (Pieter die Grote)Katharina IPieter IIAnnaIwan VIElisabethPieter IIIKatharina II (Katharina die Grote)PaulAleksander INikolaas IAleksander IIAleksander IIINikolaas II