Fjodor I van Rusland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fjodor I
Tsaar van die hele Rusland
Tsaar Fjodor I van Rusland
Dinastie Rjoerik
Bewind 15841598
Kroning 31 Mei 1584
Volle naam Fjodor Iwanowitsj
Gebore 31 Mei 1557
Gesterf 17 Januarie 1598
Voorganger Iwan die Verskriklike
Opvolger Boris Godoenof
Gade Irina (Aleksandra) Fjodorowna Godoenowa
Vader Iwan die Verskriklike
Moeder Anastasia Romanowna Zacharina-Joerijewa

Fjodor I Iwanowitsj (Russies: Фёдор I Иоаннович) (31 Mei 155717 Januarie 1598) was van 1584 tot 1598 tsaar, die laaste heerser van Rusland se Rjoerik-dinastie. Dié seun van Iwan die Verskriklike is ook "Fjodor die Klokluier" genoem vanweë sy gewoonte om deur die land te reis en kerke se klokke te lui.

Fjodor, wat na bewering verstandelik gestrem was, het feitlik glad nie in die politiek belang gestel nie. Hy was vroom en het die meeste van sy tyd in gebed deurgebring. Hy het ’n land beërwe wat verwoes was deur die buitensporighede van sy pa, Iwan die Verskriklike, en het die regering van die land oorgelaat aan sy swaer, Boris Godoenof.

Hy trou in 1580 met Irina (Aleksandra) Fjodorowna Godoenowa, Boris se suster. Ná twaalf jaar van getroude lewe skenk Irina in 1592 die lewe aan ’n dogter, Fjodosia. Toe sy in 1594 op tweejarige ouderdom sterf, stort die tsaar geestelik ineen. Omdat hy geen ander kinders het nie, kom die eeue oue Rjoerik-dinastie met sy dood tot ’n einde en betree Rusland die Tyd van Beroeringe. Fjodor het in Moskou gesterf en is in die Kremlin begrawe.

Tsare en keisers van Rusland
Tsare Iwan IV (Iwan die Verskriklike)Fjodor IBoris GodoenofFjodor IIVals Dmitri IVals Dmitri IIWasili IVMichailAlekseiFjodor IIISofia Aleksejewna (regent) • Iwan V saam met Pieter I
Keisers Pieter I (Pieter die Grote)Katharina IPieter IIAnnaIwan VIElisabethPieter IIIKatharina II (Katharina die Grote)PaulAleksander INikolaas IAleksander IIAleksander IIINikolaas II


Grootprinse en tsare van die Rjoerik-dinastie
Grootprinse Rjoerik · Oleg · Igor I · Olga · Swjatoslaf I · Jaropolk I · Wladimir I die Grote · Swjatopolk I · Jaroslaf I die Wyse · Isjaslaf I · Swjatoslaf II · Wsewolod I · Swjatopolk II · Wladimir Monomach · Mstislaf I · Jaropolk II · Wsewolod II · Igor II · Isjaslaf II · Joeri I Dolgoroeki · Andrei Bogoljoebski · Michail van Wladimir · Wsewolod die Groot Nes · Konstantyn · Joeri II · Jaroslaf II · Swjatoslaf III · Andrei II · Aleksander Nefski · Jaroslaf III van Twer · Wasili · Dmitri I · Andrei III · Michail · Joeri III · Dmitri II · Aleksander · Iwan I · Semjon die Trotse · Iwan II · Dmitri Donskoi · Wasili I · Wasili II · Iwan III die Grote · Wasili III
Tsare Iwan IV die Verskriklike · Fjodor I