Krasnojarsk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vir ’n artikel oor die krai met dieselfde naam, sien Krasnojarsk-krai.

Krasnojarsk
Красноярск
Krsnrsk.jpg

Kaart Wapen
RussiaKrasnoyarskCity2005.png
Coat of Arms of Krasnoyarsk (Krasnoyarsk krai).png
Vlag
Flag of Krasnoyarsk.svg
 Land Vlag van Rusland Rusland
 Federale distrik Siberiese Federale Distrik
 Federale subjek Krasnojarsk-krai
 Koördinate 56°0′N 92°56′O
 Stigting 1628
 Stadstatus 1628
 Oppervlakte:  
 - Totaal 348 vk km
 Hoogte bo seevlak 259 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2014) 1 035 528
 - Bevolkingsdigtheid 2 765/km2
 Tydsone UTC +7
 - Somertyd UTC +8
 Burgemeester Edcham Akboelatof
 Amptelike Webwerf www.admkrsk.ru

Krasnojarsk (Russies: Красноя́рск) is ’n stad aan die Jenisei-rivier in Sentraal-Rusland. Dit is die administratiewe hoofstad van Krasnojarsk-krai en die derde grootste stad in Siberië met ’n inwonertal van 1 035 528 (2014)[1]. Die stad is ’n belangrike aansluitingspunt aan die Transsiberiese Spoorlyn en een van Rusland se grootste vervaardigers van aluminium.

Geskiedenis[wysig]

Die stad is in Julie 1628 gestig as ’n Russiese grensfort met die naam Krasni Jar (Кра́сный Яр). Dit is later herdoop toe dit stadstatus gekry het. Die stad het vinnig begin groei ná die bou van ’n pad van 1735 tot 1741 wat dit met nabygeleë dorpe en die res van Rusland verbind het. Dit het verder gegroei ná die ontdekking van goud en die bou van ’n spoorlyn in 1895.

In die 19de eeu was Krasnojarsk die middelpunt van die Kosak-beweging. In 1822 het dit stadstatus gekry en die hoofstad van die Jenisei-goebernija geword. In 1934, met die totstandkoming van die Krasnojarsk-krai, het dit die hoofstad daarvan geword.

In die Russiese Ryk was Krasnojarsk een van die plekke waarheen politieke bannelinge gestuur is. Dit was tydens Josef Stalin se bewind weer een van die groot sentrums van die Goelag, met Kraslag die grootste kamp. In die Sowjet-tyd is groot fabrieke ook in die stad opgerig, onder andere ’n papierfabriek, hidro-elektriese kragstasie en ’n rivierhawe.

Ná die Tweede Wêreldoorlog is talle fabrieke van die Oekraïne en Wes-Rusland na Krasnojarsk geskuif en dit het bygedra tot verdere groei.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]