KwaDukuza

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
KwaDukuza
Stanger
Ligging van KwaDukuza op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
KwaDukuza
KwaDukuza
Koördinate: 29°20′0″S 31°17′0″O Koördinate: 29°20′0″S 31°17′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit iLembe
Plaaslike Munisipaliteit KwaDukuza
Stigting 1873
Was vernoem na William Stanger
Oppervlak
 - Dorp 32,37 km²  (12,5 vk m)
Hoogte 101 m (331 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 51 536
 - Digtheid 1 600/km² (4 144/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 4450
Webwerf: http://www.kwadukuza.gov.za

KwaDukuza (amptelik naam) of Stanger is 'n dorp in die ooste van Suid-Afrika, in KwaZulu-Natal. Die naam van die dorp is in 2006 amptelik gewysig na KwaDukuza.

Geskiedenis[wysig]

Die huidige dorp is in 1873 gestig en vernoem na William Stanger, die eerste landmeter-generaal van Natal.

Zoeloegeskiedenis[wysig]

Die dorp speel 'n belangrike rol in die Zoeloes se geskiedenis. Shaka, die groot krygerkoning het twee koninklike krale gebou het wat albei kwaBulawayo (die plek van die een wat vervolg is) genoem was. Hy het ook 'n hoofstad hier gebou wat hy kwaDukuza (plek van die verlorene) genoem het. Daar was ongeveer 2 000 tradisionele hutte in die hoofstad. Shaka is op 22 September 1828 vermoor deur sy twee halfbroers, Mhlangane en Dingane. Hy is hier begrawe en in 1932 het die Zoeloes 'n gedenkteken vir hom opgerig. Die Zoeloes vier jaarliks op 24 September Shakadag.

Distrik[wysig]

Die dorp is 'n kommersiële sentrum vir een van die grootste suikerplantasies in die land.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Hoofplek KwaDukuza Sensus 2011